Afrikaans-1933/1/11

33 lines
3.5 KiB
Plaintext

En die hele aarde het dieselfde taal gehad en een en dieselfde woorde.
En toe hulle wegtrek na die Ooste, kry hulle 'n laagte in die land Simear; en daar het hulle gaan woon.
Daarop sê hulle vir mekaar: Kom laat ons stene vorm en dit goed brand. Hulle gebruik toe die bakstene vir bousteen en die lymgrond vir klei.
En hulle sê: Kom, laat ons vir ons 'n stad bou en 'n toring waarvan die punt aan die hemel raak; en laat ons vir ons 'n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.
Toe kom die Here af om die stad en die toring te besien wat die mensekinders aan't bou was.
En die Here sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.
Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.
So het die Here hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou.
Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die Here die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die Here hulle oor die hele aarde verstrooi.
Dit is die stamboom van Sem: toe Sem honderd jaar oud was, het hy die vader van Arpagsad geword, twee jaar ná die vloed.
En Sem het ná die geboorte van Arpagsad nog vyf honderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
Toe Arpagsad vyf en dertig jaar oud was, het hy die vader van Selag geword.
En Arpagsad het ná die geboorte van Selag nog vier honderd en drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
Toe Selag dertig jaar oud was, het hy die vader van Heber geword.
En Selag het ná die geboorde van Heber nog vier honderd en drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
Toe Heber vier en dertig jaar oud was, het hy die vader van Peleg geword.
En Heber het ná die geboorte van Peleg nog vier honderd en dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
Toe Peleg dertig jaar oud was, het hy die vader van Rehu geword.
En Peleg het ná die geboorte van Rehu nog twee honderd en nege jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
Toe Rehu twee en dertig jaar oud was, het hy die vader van Serug geword.
En Rehu het ná die geboorte van Serug nog twee honderd en sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
Toe Serug dertig jaar oud was, het hy die vader van Nahor geword.
En Serug het ná die geboorte van Nahor twee honderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
Toe Nahor negen-en-twintig jaar oud was, het hy die vader van Tera geword.
En Nahor het ná die geboorte van Tera nog honderd en negentien jaar gelewe. En hy het seuns dogters gehad.
Toe Tera sewentig jaar oud was, het hy die vader geword van Abram, Nahor en Haran.
En dit is die stamboom van Tera: Tera het die vader geword van Abram, Nahor en Haran, en Haran van Lot.
En Haran het gesterwe terwyl sy vader Tera nog geleef het, in sy geboorteland, in Ur van die Galdeërs.
En Abram en Nahor het vir hulle vroue geneem. Die naam van Abram se vrou was Sarai, en die naam van Nahor se vrou was Milka, die dogters van Haran, die vader van Milka en die vader van Jiska.
En Sarai was onvrugbaar, sy het geen kind gehad nie.
En Tera het sy seun Abram geneem en Lot, die seun van Haran, sy kleinseun, en Sarai, sy skoondogter, die vrou van sy seun Abram, en hulle het saam met hulle Ur van die Galdeërs getrek om te gaan na die land Kanaän. En hulle het tot by Haran gekom en daar gaan woon.
En die dae van Tera was twee honderd en vyftig jaar, en Tera het in Haran gesterwe.