Afrikaans-1933/18/12

26 lines
2.1 KiB
Plaintext

Maar Job het geantwoort en gesê:
Waarlik, ja, julle is die regte mense, en saam met julle sterf die wysheid uit!
Ook ek he verstand soos julle; ek staan nie vir julle terug nie; en wie weet sulke dinge nie?
Ek moet ʼn belagging wees vir my vriend, ek wat God aangeroep en verhoring gefind het - ʼn belagging is vir die regverdige, die opregte!
Vir die ongeluk is daar veragting volgens die gedagte van hom wat lekker lewe; dit staan klaar vir hulle wie se voet wankel.
Rustig staan die tente van die verwoesters, en sekerheid is die deel van hulle wat God vertoorn, van hom wat sy god in sy hand dra.
Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee;
of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die fisse van die see jou vertel.
Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van die Here dit gemaak het nie?
In wie se hand die siel is van alles wat leef, en die gees van alle menslike vlees.
Moet die oor nie die woorde toets soos die verhemelte spyse proe nie?
By die grysaarts is wyshied, en in lengte van dae is verstand.
By Hόm is wysheid en mag; Hý het raad en verstand.
Kyk, Hy breek af en daar word nie opgebou nie; Hy sluit ʼn man as gevangene op, en daar word nie oopgemaak nie.
Kyk, Hy hou die waters terug, en hulle verdroog; ook laat Hy hulle los, en hulle keer die aarde om.
By Hόm is krag en beleid; syne is die verdwaalde en hy wat laat dwaal.
Hy voer raadsmanne uitgeplunder weg, en regters maak hy tot dwase.
Hy maak die band los waar konings mee bind, en bind ʼn lyfdoek om hulle heupe.
Hy voer priesters uit geplunder weg en bring ou geslagte tot ʼn val.
Hy neem die spraak van die vertroubare mense weg en beroof die ou mense van hul oordeel.
Hy stort veragting uit oor die edeles en maak die gordel van die magtiges slap.
Hy oopenbaar dieptes uit die duisternis uit, en doodskaduwee bring Hy uit in die lig.
Hy maak nasies groot en laat hulle omkom; Hy brei nasies uit en voer hulle weg.
Hy neem die verstand weg van die volkshoofde van die land en laat hulle ronddwaal in ʼn wildernis, sonder pad.
Hulle tas in die duisternis, sonder lig; en Hy laat hulle ronddwaal soos ʼn dronk man.