Afrikaans-1933/18/5

28 lines
2.3 KiB
Plaintext

Roep maar - is daar iemand wat jou antwoord gee? En na wie van die heliges sal jy gaan?
Want verbitterdheid vermoor die dwaas, en nayver maak die domme dood.
Ek self het gesien hoe ʼn dwaas wortel skiet; maar skielik moes ek sy woning vervloek.
Ver is sy kinders van geluk; en hulle word verbrysel in die poort sonder dat iemand red.
Wat hy geoes het, eet die hongerige op, en die haal dit selfs uit die doringheining uit; en die ondergang hyg na hulle rykdom.
Want verdriet kom nie voort uit die stof, en moeite spruit nie uit die grond nie.
Maar die mens word vir moeite gebore soos die vonke boontoe vleig.
Maar wat my aangaan, ek sou na God vra en my saak aan die Godheid voorlê
aan Hom wat groot dinge doen ondeurgrondelike, wonders sonder getal;
wat reën gee oor die aarde en waters uitstuur oor die velde;-
om nederiges op ʼn hoogte te stel daarbo; en die wat in die rou is, verkry die hoogste geluk.
Hy wat die planne van ligste mense verydel, sodat hulle hande niks kan uitrig wat standhou nie.
Wat die wyse vang hulle in listigheid en die raad van slinkse mense misluk van haastighied.
Oor dag stuit hulle op duisternis, en soos in die nag tas hulle rond in die middag.
So velos Hy dan die swaard wat kom uit hulle mond, en die behoeftige uit die hand van die sterk man.
So is daar dan verwagting vir die arme; en die ongeregtighied hou sy mond toe.
Kyk, gelukkig is die man wat God kasty; verwerp daarom nie die tugtiging van die Almagtige nie.
Want Hý doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar sy hande maak gesond.
In ses benoudhede sal Hy jou red, ja in sewe sal geen onheil jou tref nie.
In hongersnood verlos Hy jou van die dood en in die oorlog uit die mag van die swaard.
As die tong gésel, word jy weggesteek; en jy hoef nie te vrees vir verwoesting as dit kom nie.
Oor verwoeseing en broodsgebrek sal jy lag, en vir die wilde diere van die aarde behouf jy nie te vrees nie.
Want met die klippe van die veld is jou verbond, en die wilde diere van die veld is met jou bevriend.
En jy sal uitvind dat jou tent in vrede is; en as jy op jou woonplek rondkyk sal jy niks vermis nie.
Ook sal jy uitvind dat jou kroos talryk is en jou nakomelinge soos die plante van die aarde.
Op rype leeftyd sal jy na die graf gaan, soos ʼn koringgerf opgebring word op sy tyd.
Kyk, dit het ons nagespeur, so is dit: hoor dit, en neem jy dit ter harte.