Afrikaans-1933/18/6

31 lines
2.4 KiB
Plaintext

Maar Job het geantwoord en gesê:
Ag, was my verdriet maar goed geweeg en my ongeluk meteens in ʼn skaal opgehef!
Ja, dan sou dit swaarder wees as die sand van die see; daarom is my woorde onbedagsaam.
Want die pyle van die Almagtige is in my, waarvan my gees die gif indruk; die verskrikkinge van God het hulle teen my opgestel.
Balk die wilde esel by die grasspruitjies? Of bulk ʼn bees by sy voer?
Word iets wat laf is, sonder suot geëet? Of is daar smaak in die wit van ʼn eier?
My siel weier om dit aan te raak; dit is net soos my walglike spyse.
Ag, mwg my bede maar uitkom, en mag God verwagting maar gee!
En mag dit God behaag om my te verpletter, sy hand uit te strek en my af te sny!
Dan sou ek nog troos hê ja van vreugte opspring in onbarmhartige smart; want die woorde van die Helige het ek nie verloën nie.
Wat is my krag, dat ek sou kan wag? en wat my uitende, dat ek geduldig sou wees?
Is my krag ʼn krag van klip? Of my vlees van metaal?
Is ek dan nie hulpeloos in myself nie, en is redding nie vir my weggedrywe nie?
Vir die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend, ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.
My broeders het troueloos gehandel soos ʼn spruit, soos die bedding van spruite wat oorloop,
wat troebel is vanweë die ys, waarin die sneeu hom verberg-
in die tyd van gloehitte verdwyn hulle; as dit warm word, droog hulle uit hul plek.
Karavane draai weg van hulle trekpad af - hulle trek op in die wildernisen en vergaan.
Die karavane van Tema het uitgekyk, die reisigers van Skeba het daarop gereken.
Hulle het beskaamd gestaan in hul vertroue; hulle het daarby gekom en was teleurgesteld.
So het hulle dan vir my niks geword nie: julle sien verskrikking, en julle het gevrees.
Het ek dan gesê: Gee my iets? Of: Bring vir my ʼn omkoopgeskenk uit julle vermoë?
Of: Red my uit die hand van die teestander? Of: Velos my uit die hand van tiranne?
Onderrig my, en ék sal swyg; en maak my duidelik waarin ek misgaan het.
Hoe kragtig is opregte woorde, maar wat rig ʼn bestraffing uit, van julle afkomstig?
Dink julle om woorde te bestraf? Maar die woorde van ʼn wanhopige is vir die wind!
Ja, julle sou ʼn wees uitloot en julle vriend verhandel.
Maar nou, kyk my asseblief aan: ek sal julle waarlik nie in jul gesig belieg nie.
Keer tog terug - laat daar geen onreg wees nie! Ja keer terug - nόg is my geregtigheid daar.
Is daar onreg op my tong? Of kan my verhemelte nie die onheile onderskei nie?