Afrikaans-1933/2/17

17 lines
2.3 KiB
Plaintext

Daarop het die hele vergadering van die kinders van Israel, volgens die bevel van die HERE, van plek tot plek uit die woestyn Sin getrek en laer opgeslaan in Ráfidim. En daar was geen water vir die volk om te drink nie.
Toe twis die volk met Moses en sê: Gee julle vir ons water om te drink. Maar Moses antwoord hulle: Wat twis julle met my? Waarom versoek julle die HERE?
Mar die volk het gesmag na water, en die volk het teen Moses en gemurmureer en gesê: Waarom het u ons dan uit Egipte laat optrek om my en my kinders en my vee van dors te laat omkom?
En Moses het die HERE aan geroep en gesê: Wat moet ek met hierdie volk doen? Dit skeel maar min of hulle stenig my.
Toe antwoord die HERE Moses: Trek voor die volk uit, en neem van die oudstes van Israel met jou saam; en neem jou staf waarmee jy die Nyl geslaan het, in jou hand en gaan weg.
Kyk, Ek sal dar voor jou by die rots Horeb staan, dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uit kom, dat die volk kan drink. En Moses het so gedoen voor die oë van die oudstes van Israel
en die plek genoem Massa en Mériba vanweë die twis van die kinders van Israel, en omdat hulle die HERE versoek het deur te sê: Is die HERE onder ons of nie?
Daarop het Ámalek gekom om teen Israel by Ráfidim te veg.
En Moses het vir Aäron gesê: Kies vir ons manne en trek uit, veg teen Ámalek. Môre sal ek op die top van die heuwel staan met die staf van God in my hand.
En Josua het gedoen soos Moses vir hom gesê het om te veg teen Ámalek. Maar Moses, Aäron en Hur het op die top van die heuwel geklim.
EN telkens as Moses sy hand ophou, was Israel die sterkste; maar as hy sy hand laat sak, was Ámalek die sterkste.
Maar die hande van Moses het swaar geword; daarom het hulle 'n klip geneem en dit onder hom neergelê, dat hy daarop kon sit. En Aäron en Hur het sy hande onderstuen, die een duskant en die ander anderkant. So het sy hande dan vas gehou tot son-onder.
En Josua het Ámalek en sy volk met die skerpte van die swaard 'n neerlaag toegebring.
Toe sê die HERE vir Moses: Skryf dit as 'n aandenking in 'n boek en prent dit Josua in, dat Ek die gedagtenis aan Ámalek onder die hemel heeltemal sal uitdelg.
En Moses het 'n altaar aan die HERE gebou en dit genoem : Die HERE is my banier.
En hy het gesê: Waarlik, die hand op die troon van die HERE! Oorlog het die HERE teen Ámalek van geslag tot geslag.