Afrikaans-1933/1/35

11 lines
1.4 KiB
Plaintext

Daarna het God vir Jakob gesê: Maak jou klaar, trek op na Bet-el en woon daar; en maak daar ʼn altaar vir die God wat aan jou verskyn het toe jy op die vlug was vir jou broer Esau.
Toe sê Jakob vir sy huisgesin en vir almal wat by hom was: Verwyder die vreemde gode wat onder julle is, en reinig julle en trek ander klere aan;
en laat ons klaarmaak en optrek na Bet-el; en ek sal daar ʼn altaar maak vir die God wat my geantwoord het op die dag van my benoudheid en by my was op die weg wat ek gegaan het.
Toe gee hulle aan Jakob al die vreemde gode wat in hulle besit was, en die ringe aan hulle ore, en Jakob het dit begrawe onder die terpentynboom wat by Sigem is.
En toe hulle weggetrek het, kom daar ʼn skrik van God op die stede rondom hulle, sodat hulle die seuns van Jakob nie agternagejaag het nie.
So het Jakob dan in Lus aangekom wat in die land Kanaän is - dit is Bet-el - hy en al die mense wat by hom was,
en hy het daar ʼn altaar gebou en die plek El Bet-el genoem, omdat God daar aan hom geopenbaar is toe hy vir sy broer gevlug het.
En Debora, die oppaster van Rebbeka, het gesterwe, en sy is begrawe onderkant Bet-el, onder die eikeboom. En hulle het dit genoem: Eik van geween.
Toe verskyn God weer aan Jakob, by sy terugkoms uit Paddan-Aram, en Hy seën hom;
en God sê vir hom: Jou naam is Jakob; jy sal verder nie Jakob genoem word nie, maar Israel sal jou naam wees. En Hy het hom Israel genoem.