Afrikaans-1933/3/18

24 lines
2.7 KiB
Plaintext
Raw Normal View History

2022-07-20 13:18:46 +00:00
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Ek is die HERE julle God.
Volgens die werke van die land van Egipte waar julle in gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die werke van die land van Kanaän waar Ek julle na toe bring, mag julle nie doen nie, en julle mag in hulle insettings nie wandel nie.
My verordeninge moet julle doen en my insettinge hou om daarin te wandel. Ek is die HERE julle God.
Hou dan my insettinge en my verordeninge wat die mens moet doen, dat hy deur hulle kan lewe. Ek is die HERE.
Niemand van julle mag naby sy naaste bloedverwant kom om die skaamte te ontbloot nie.
Jy mag nie die skaamte van die vrou van jou vader nie ontbloot nie: sy is jou moeder-jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.
Jy mag die skaamte van die vrou van jou vader nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou vader.
Die skaamte van jou suster, die dogter van jou vader of die dogter van jou moeder, in die huis of buitekant gebore-hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie.
Die skaamte van jou seun se dogter of van jou dogter se dogter-hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie; want hulle is jou skaamte.
Die skaamte van die dogter van jou vader se vrou, wat deur jou vader verwek is-sy is jou suster,haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.
2022-07-20 13:40:49 +00:00
Jy mag die skaamte van jou vader se suster nie ontbloot nie; sy is jou vader se bloedverwant.
Jy mag die skaamte van jou moeder se suster nie ontbloot nie, want sy is jou moeder se bloetdverwant.
Jy mag die skaamte van jou vader se broer nie ontbloot nie: jy mag nie naby sy vrou kom nie; sy is jou tante.
Jy mag die skaamte van jou skoondogter nie ontbloot nie; sy is jou seun se vrou: jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.
Jy mag die skaamte van jou broer se vrou nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou broer.
Jy mag die skaamte van 'n vrou en haar dogter nie ontbloot nie; haar seun se dogter en haar dogter se dogter mag jy nie neem om dié se skaamte te ontbloot nie. Hulle is bloedverwante. 'n Skandelike daad is dit.
Jy mag ook geen vrou by haar suster as mededinger byneem om haar skaamte gelyk met die ander een, terwyl dié nog lewe, te ontbloet nie.
Ook mag jy nie naby 'n vrou kom terwyl sy onrein is deur haar onreinheid, om haar skaamte te ontbloot nie.
En jy mag geen vleeslike gemeeskap hê met jou naaster se vrou hê om jou daardeur te veronreinig nie.
En van jou kinders mag jy nie gee om vir Moleg deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die Naam van jou God nie ontheilig nie. Ek is die HERE.
Met 'n manspersoon mag jy ook gemeenskap hê soos 'n mans met 'n vrou het nie. Dit is 'n gruwel.
En jy mag met geen dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur te verontreinig nie. 'n Vrou mag ook nie voor 'n dier gaan staan om daarmee te doen te hê nie. Dit is 'n gruwelike vermenging.