11 lines
1.3 KiB
Plaintext
11 lines
1.3 KiB
Plaintext
|
Verder het die HERE met Moses gespreek by die berg Sinai en gesê:
|
||
|
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land inkom wat Ek julle gee, dan moet die land 'n sabbat hou vir die HERE.
|
||
|
Ses jaar lank mag jy jou land saai en ses jaar lank jou wingerd snoei en die opbrings van die land insamel;
|
||
|
Maar in die sewende jaar moet daar vir die land volkome rus wees, 'n sabbat vir die HERE; jou land mag jy nie saai en jou wingerd nie snoei nie.
|
||
|
Wat van jou oes opslaan, moet jy nie afoes nie, en die druiwe van jou ongesnoeide wingerdstok nie afsny nie. Dit moet 'n jaar van rus vir die land wees.
|
||
|
En die obrings van die sabbat van die land sal julle voedsel wees; vir jou en vir jou slaaf en jou slavin en jou huurling en jou bywoner wat by jou vertoef,
|
||
|
en vir jou vee en die wild wat in jou land is, sal die hele opbrings daarvan wees om te eet.
|
||
|
Jy moet ook sewe jaarweke tel, sewe maal sewe jaar, sodat die jaar van die sewe jaar weke vir jou nege-en-veertig jaar is.
|
||
|
Dan moet jy in die sewende maan, op die tiende dag van die maand, 'n basuin geklank laat derugaan; op die versoendag moet julle die basuin deur julle hele land laat gaan.
|
||
|
En julle moet die vyftigste jaar heilig en 'n vrylating in die land uitroep aan al sy bewoners. Dit moet vir julle 'n jubelaar wees; dan moet julle elkeen na sy geslag teruggaan.
|