Afrikaans-1933/4/2

18 lines
2.0 KiB
Plaintext
Raw Normal View History

En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Die kinders van Israel moet laer opslaan elkeen by sy vaandel, by die veldtekens van hulle famielies; op ʼn afstand rondom die tent van samekoms moet hulle laer opslaan.
En die wat aan die oostekant, teen sonop, laer opslaan, moet wees; die vaandel van die laer van Juda volgens hulle leërafdelings; en Nagson, die seun van Ammínadab, moet owerste oor die seuns van Juda wees.
En sy leër met hulle geteldes was vier en sewentig duisend ses honderd.
En die wat langs hom laer opslaan, moet wees van die stam van Íssaskar; en Netáneël, die seun van Suar, moet owerste oor die seuns van Íssaskar wees.
En sy leër met hulle geteldes was vier en vyftig duisend vier honderd.
Verder die stam van Sébulon; en Elíab, die seun van Helon, moet owerste oor die seuns van Sébulon wees.
En sy leër met hulle geteldes was sewe-en-vyftig duisend vier honderd.
Al die geteldes van die laer van Juda was honderd ses en tagtig duisend vier honderd volgens hulle leërafdelings. Hulle moet eerste opbreek.
Die vandel van die laer van Ruben volgens hulle leërafdelings moet aan die suidekant wees; en Elísur die seun van Sedéür, moet owerste oor die seuns van Ruben wees.
En sy leër met sy geteldes was ses en veertig duisend vyf honderd.
En die wat langs hom laer opslaan moet wees die stam van Símeon; en Selúmiël die seun van Surísaddai, moet owerste oor die seuns van Símeon wees.
En sy leër met hulle geteldes was negen-en-vyftig duisend drie honderd.
Verder die stam van Gad; en Éljasaf die seun van Réhuel, moet owerste oor die seuns van Gad wees.
En sy leër met hulle geteldes was vyf en veertig duisend ses honderd en vyftig.
Al die geteldes van die laer van Ruben was honderd een en vyftig duisend vier honderd en vyftig volgens hulle leërafdelings. En hulle moet twede opbreek.
Daarna moet die tent van samekoms opbreek: die laer van die Leviete tussen die ander laers in. Soos hulle laer opslan so moet hulle opbreek, elkeen op sy plek volgens hulle vaandels.