15 lines
1.3 KiB
Plaintext
15 lines
1.3 KiB
Plaintext
|
Vir die musiekleier. ʼn Psalm van Dawid.
|
||
|
Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die HERE sal hom red in die dag van onheil.
|
||
|
Die HERE sal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde. Ja, U kan hom nie oorgee aan die begeerte van sy vyhande nie.
|
||
|
Die HERE sal hom ondersteun op die siekbed; sy hele slaapplek verander U as hy krank is.
|
||
|
Ek het gesê: o HERE, wee my genadig! Genees my, want ek het teen U gesondig.
|
||
|
My vyhande spreek kwaad van my en sê: Wanneer sal hy sterwe en sy naam vergaan?
|
||
|
En as iemand kom om my te sien, dan praat hy leuens; sy hart vergader onwaarheid vir hom; gaan hy uit na buite, dan spreek hy daarvan.
|
||
|
Al my haters tesame fluiser onder mekaar teen my; teen my bedink hulle my onheil en sê:
|
||
|
Iets skandeliks is op hom uitgestort; en nou dat hy lê, sal hy nie weer opstaan nie.
|
||
|
Selfs die man wat met my in vrede lewe, op wie ek vertrou het, wat my brood eet, het die hakskeen teen my opgelig.
|
||
|
Maar U, o HERE, wees my genadig en rig my op, dat ek hulle dit hulle dit kan vergelde!
|
||
|
Hieraan weet ek dat U ʼn welbehae in my het: dat my vyhand oor my nie juig nie.
|
||
|
My tog, in opregtheid ondersteun U my, en U stel my voor u aangesig tot in ewigheid.
|
||
|
Geloof sy die HERE, die God van Israel, van ewigheid tot in ewigheid! Amen, ja amen.
|