33 lines
3.0 KiB
Plaintext
33 lines
3.0 KiB
Plaintext
|
Dit is die stamboom van Adam. Die dag toe God die mens geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God.
|
||
|
Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is.
|
||
|
Toe Adam honderd en dertig jaar oud was, het hy 'n seun verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem.
|
||
|
En die dae van Adam ná die geboorte van Set, was agt honderd jaar. En hy het seuns en dogters gehad.
|
||
|
So was dan al die dae van Adam wat hy geleef het, nege honderd en dertig jaar, en hy het gesterwe.
|
||
|
Toe Set honderd en vyf jaar oud was, het hy die vader van Enos geword.
|
||
|
En Set het ná die geboorte van Enos nog agt honderd en sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
|
||
|
So was dan al die dae van Set nege honderd en twaalf jaar, en hy het gesterwe.
|
||
|
Toe Enos negentig jaar oud was, het hy die vader van Kenan geword.
|
||
|
En Enos het ná die geboorte van Kenan nog agt honderd en vyftien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
|
||
|
So was dan al die dae van Enos nege honderd en vyf jaar, en hy het gesterwe.
|
||
|
Toe Kenan sewentig jaar oud was, het hy die vader van Mahalálel geword.
|
||
|
En Kenan het ná die geboorte van Mahalálel nog agt honderd en veertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
|
||
|
So was dan al die dae van Kenan nege honderd en tien jaar, en hy het gesterwe.
|
||
|
Toe Mahalálel vyf en sestig jaar oud was, het hy die vader van Jered geword.
|
||
|
En Mahalálel het ná die geboorte van Jered nog agt honderd en dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
|
||
|
So was dan al die dae van Mahalálel agt honderd vyf en negentig jaar, en hy het gesterwe.
|
||
|
Toe Jered honderd twee en sestig jaar oud was, het hy die vader van Henog geword.
|
||
|
En Jered het ná die geboorte van Henog nog agt honderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
|
||
|
So was dan al die dae van Jered nege honderd twee en sestig jaar, en hy het gesterwe.
|
||
|
Toe Henog vyf en sestig jaar oud was, het hy die vader van Metúsalag geword.
|
||
|
En Henog het, ná die geboorte van Metúsalag, nog drie honderd jaar met God gewandel. En hy het seuns en dogters gehad.
|
||
|
So was dan al die dae van Henog drie honderd vyf en sestig jaar.
|
||
|
En Henog het met God gewandel; en hy was nie meer nie, want God het hom weggeneem.
|
||
|
Toe Metúsalag honderd sewen-en-tagtig jaar oud was, het hy die vader van Lameg geword.
|
||
|
En Metúsalag het ná die geboorte van Lameg nog sewe honderd twee en tagtig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
|
||
|
So was dan al die dae van Metúsalag nege honderd negen-en-sestig jaar, en hy het gesterwe.
|
||
|
Toe Lameg honderd twee en tagtig jaar oud was, het hy 'n seun verwek
|
||
|
en hom Noag genoem, want hy het gesê: Dit is hy wat ons sal troos oor ons werk en oor die moeitevolle arbeid van ons hande wat voortkom uit die aarde wat die HERE vervloek het.
|
||
|
En Lameg het ná die geboorte van Noag nog vyf honderd vyf en negentig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
|
||
|
So was dan al die dae van Lameg sewe honderd sewen-en-sewentig jaar, en hy het gesterwe.
|
||
|
En Noag was vyf honderd jaar oud, en Noag het die vader geword van Sem, Gam en Jafet.
|