23 lines
1.9 KiB
Plaintext
23 lines
1.9 KiB
Plaintext
|
Maar Job het geantwoord en gesê:
|
||
|
Dergleke dinge het ek al baie gehoor: treurige vertroosters is julle almal.
|
||
|
Kom daar nou ʼn end aan winderige woorde? Of wat prikkel jou dat jy antwoord?
|
||
|
Ek sou ook kon spreek soos julle as julle siel in die plek van my siel was; ek sou woorde aanmekaar kon koppel teen julle en my hoof oor julle skud;
|
||
|
ek sou julle kon versterk met ny mόnd, en die troos van my lippe sou versagting aanbring!
|
||
|
As ek sou spreek, my smart word nie versag nie; en as ek ophou - wat gaan daar van my af weg?
|
||
|
Maar nou het Hy my uitgeput; U het my hele huishouding verwoes.
|
||
|
En U het my gegryp - ʼn getuie het dit teen my geword; en my siekte staan teen my op, dit getuig openlik teen my.
|
||
|
Sy toorn het verskeur en my as vyhand behandel; Hy het teen my gekners met sy tande; as my teëstander kyk Hy my met skerp oë aan.
|
||
|
Hulle het hul mond teen my oopgespalk; smadelik het hulle my op die kakebeen geslaan; as een man versamel hulle teen my.
|
||
|
God gee my oor aan slegte mense en verp my in die hande van die goddelose.
|
||
|
Ek het rustig gelewe; toe het Hy my verontrus en my aan die nek gegryp en my verpletter; en Hy het my vir Hom as teiken opgestel.
|
||
|
Sy pyle gons om my heen; Hy splits my niere sonder verskoning; Hy werp my gal op die grond uit.
|
||
|
Bres op bres breek Hy in my; Hy loop my storm soos ʼn held.
|
||
|
ʼn Roukleed het ek oor my vel vasgewerk en my horing in die stof gesteek.
|
||
|
My gesig het rooi geword van geween, en oor my ooglede is daar ʼn doodskaduwee
|
||
|
alhoewel daar geen gewelddaad is in my hande nie en my gebed rein is.
|
||
|
o Aarde, moenie my bloed bedek nie, en laat daar geen rusplek vir my geroep wees nie.
|
||
|
Selfs nou, kyk, in die hemel is my Getuie; en Hy wat saam met my getuig is in die hoogtes.
|
||
|
My vriende spot met my; uit my oog drup trane na God toe!
|
||
|
dat Hy kan pleit vir ʼn man by God as Menseseun vir sy naaste.
|
||
|
Want maar min jare kom - dan bewandel ek ʼn pad waarlangs ek nie terugkeer nie.
|