Afrikaans-1933/4/8

13 lines
1.5 KiB
Plaintext
Raw Normal View History

2022-11-08 14:36:44 +00:00
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Spreek met Aäron en sê vir hom: As jy die lampe opsteek, dan moet die sewe lampe aan die voorkant van die kandelaar lig gee.
En Aäron het so gedoen: aan die voorkant van die kandelaar het hy dié lamp opgesteek soos die HERE Moses beveel het.
En dit was die maaksel van die kandelaar: dryfwerk uit goud; selfs sy voetstuk en sy blomme was dryfwerk; volgens die beeltenis wat die HERE Moses getoon het, so het hy die kandelaar gemaak.
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Neem die Leviete onder die kinders van Israel uit en reinig hulle.
En so moet jy met hulle doen om hulle te reinig: Sprinkel op hulle water van ontsondiging; en hulle moet 'n skeermes oor hulle hele ligaam laat gaan en hulle klere was en hullself reinig.
Daarna moet hulle 'n jong bul neem en die spysoffer was daarby behoort: fynmeel met olie gemeng; en 'n ander jong bul moet jy as sondoffer neem.
En jy moet die Leviete voor die tent van samekoms laat naderkom en die hele vergadering van die kinders van Israel versamel.
Dan moet jy die Leviete voor die aangesig van die HERE laat naderkom, en die kinders van Israel moet hulle hande op die Leviete lê.
En Aäron moet die Leviete as beweegoffer beweeg voor die aangesig van die HERE namens die kinders van Israel, sodat hulle daar kan wees om die dienswerk van die HERE te verrig
En die Leviete moet hulle hande op die kop van die bule lê; en maak jy een as sondoffer en een as brandoffer vir die HERE klaar, om vir die Leviete versoening te doen.