35 lines
2.7 KiB
Plaintext
35 lines
2.7 KiB
Plaintext
|
Maar Job het geantwoord en gesê:
|
||
|
Luister goed naa my rede, en laat dit julle vertroostinge wees.
|
||
|
Verdraag my, dat ek ook kan spreek; en nadat ek gespreek het, kan jy spot.
|
||
|
Wat my aangaan, geld my geklaag dan ʼn mens? Of waarom sou ek nie ongeduldig word nie?
|
||
|
Kyk my aan, en wees verskrik; en lê die hand op die mond.
|
||
|
Ja, as ek daaraan dink, is ek glad verslae, en verskrikking gryp my vlees aan.
|
||
|
Waarom bly die goddelose lewe, word hulle oud, ja, neem hulle toe in krag?
|
||
|
Hulle nakomelinge bestaan voor hulle, in hul gemeenskap, en hul spruite voor hulle oë.
|
||
|
Hul huise het vrede, sonder skrik; en die roeder van God is op hulle nie.
|
||
|
Sy stier bespring en mis nie; sy koei kalf en het geen misdrag nie.
|
||
|
Hulle laat hul jong seuns loop soos ʼn trop kleinvee, en hul kinders spring rond.
|
||
|
Hulle sing by die tamboeryn en siter en is bly by die klank van die fluit.
|
||
|
In voorspoed slyt hulle hul dae, en in ʼn oomblik sink hulle in die doderyk af.
|
||
|
Tog het hulle tot God gesê: Bly ver van ons af; en: In die kennis van u weë het ons geen behae nie.
|
||
|
Wat is die Almagtige dat ons hom sou dien? En wat baat dit ons dat ons biddend by Hom aandring?
|
||
|
(Kyk, hulle voorspoed is nie in húl hand nie: die gesindheid van die goddelose is ver van my!)
|
||
|
Hoe selde gaan die lamp van die goddelose dood, en oorval hul ondergang hulle - deel Hy die lotgevalle uit in sy toorn?
|
||
|
word hulle soos strooi voor die wind, en soos kaf wat die stormvind wegvoer?
|
||
|
Julle sê: God spaar sy onheil vir sy kinders op. Maar hy moes dit aan homself vergeld, dat hy kan voel!
|
||
|
Sy eie oë moes sy ongeluk sien, en sélf moes hy drink van die grimmighied van die Almagtige.
|
||
|
Want wat gee hy om sy huis ná hom as die getal van sy maande afgesny is?
|
||
|
Wil iemand aan God kennis leer, Hom wat die hemelse wesens oordeel?
|
||
|
Die een sterwe in volkome geluk, heeltemal gerus en tevrede.
|
||
|
Sy emmers is vol melk, en die murg van sy bene word deur en deur bevogtig.
|
||
|
Die ander daarenteen strewe met bitterheid van siel sonder dat hy van die goeie geniet het.
|
||
|
Saam lê hulle in die stof, e die wurms oordek hulle.
|
||
|
Kyk, ek ken julle gedagtes en die slim planne waarmee julle gewelddadig teem my optree.
|
||
|
As julle sê: Waar is die huis van die tiran, en waar die woontent van die goddelose?
|
||
|
het julle dan nie navraag gedoen by die reisigers nie (hulle bewyse kan julle tog nie loën nie!):
|
||
|
dat die kwaaddoener gespaar word op die dag van ondergang, dat hulle weggelei word op die dag van grimmigheid.
|
||
|
Wie gee hom openlik sy gedrag te kenne; en het hy gehandel - wie sal hom dit vergeld?
|
||
|
Dan word hy na di graf gebring, en hulle sorg vir sy grafheuwel.
|
||
|
Sag lê op hom die kluite van die dal; en agter hom trek al die mense aan soos daar ontelbares voor hom gewees het.
|
||
|
Hoe troos julle my dan op so ʼn nietige manier? En julle antwoorde - net troubreuk bly oor!
|