Afrikaans-1933/1/36

11 lines
1.1 KiB
Plaintext
Raw Normal View History

2022-09-14 20:34:21 +00:00
En dit is die geskiedenis van Esau, dit is Edom.
Esau het sy vroue geneem uit die dogters van Kanaän: Ada, die dogter van Elon, die Hetiet, en Oholibáma, die dogter van Ana, die kliendogter van Síbeon, die Hewiet;
en Basmat, die dogter van Ismael, die suster van Nébajot.
2022-09-15 20:21:21 +00:00
En Ada het vir Esau gebaar, Élifas, en Basmat het gebaar Réhuel.
En Oholibáma het gebaar Jehus en Jáelam en Korag. Dit is die seuns van Esau wat vir hom gebore is in die land Kanaän.
Toe neem Esau sy vroue en sy seuns en sy dogters en al die mense van sy huis, sy vee en al sy trekdiere en al sy besittings wat hy in die land Kanaän verwerf het, en hy trek na ʼn land, wég van sy broer Jakob af;
want hulle besittings was te groot om saam te woon, en die land van hulle vreemdelingskap kon hulle nie dra vanweë hulle vee nie.
En Esau het gaan woon in die gebergte Seϊr. Esau, dit is Edom.
Dit is dan die geskiedenis van Esau, die vader van die Edomiete, in die gebergte Seϊr.
Dit is die name van die seuns van Esau: Élifas, die seun van Ada, die vrou van Esau; Rehuel, die seun van Basmat, die vrou van Esau.