46 lines
6.1 KiB
Plaintext
46 lines
6.1 KiB
Plaintext
|
Toe het die hele vergadering uitgeroep-hulle het hul stem verhef, en die volk het dié nag geween.
|
||
|
En al die kinders van Israel het gemurmureer teen Moses en Aäron, en die hele vergadering het vir hulle gesê: Ag, as ons maar in Egipteland gesterf het! Of as ons maar hier in die woestyn gesterf het!
|
||
|
En waarom bring die HERE ons na hierdie land om deur die swaard te val? Ons vroue en ons kinders sal ʼn buit word. Sal dit nie beter vir ons wees om na Egipte terug te gaan nie.
|
||
|
En hulle sê vir mekaar: Laat ons ʼn hoof aanstel en na Egipte teruggaan.
|
||
|
Toe het Moses en Aäron op hulle aangesig geval voor die hele gemeente, die vergadering van die kinders van Israel.
|
||
|
En Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, twee van die wat die land verken het, het hulle klere geskeur.
|
||
|
en die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ʼn buitegewoon goeie land.
|
||
|
As die HERE ʼn welbehae in ons het, sal Hy ons in hierdie land inbring en dit aan ons gee, ʼn land wat oorloop van melk en heuning.
|
||
|
Wees net nie teen die HERE opstandig nie, en wees julle nie bevrees vir die volk van die land nie, want hulle is ons spyse. Hulle beskutting het van hulle gewyk, en die HERE is met ons. Wees nie bevrees vir hulle nie!
|
||
|
Toe sê die hele vergadering dat hulle gestenig moet word. Maar die heerlikheid van die HERE het in die tent van samekoms verskyn voor al die kinders van Israel.
|
||
|
Daarop sê: die HERE vir Moses: Hoelank sal hierdie volk My verag? En hoelank sal hulle in My nie glo nie ondanks al die tekens wat Ek onder hulle gedoen het?
|
||
|
Ek sal hulle met die pes tref en hulle uitroei; en Ek sal jou ʼn groter en sterker nasie maak as hulle.
|
||
|
Toe sê Moses vir die HERE: Maar die Egiptenaars het gehoor dat U deur u krag hierdie volk onder hulle uit laat optrek het
|
||
|
en dit aan die inwoners van hierdie land gesê. Hulle het gehoor dat U, HERE, onder hierdie volk is; dat U, HERE, duidelik waarneembaar verskyn; dat u wolk oor hulle staan, en U wolkkolom voor hulle uit trek bedags en in ʼn vuurkolom by nag.
|
||
|
As U nou hierdie volk as een man doodmaak, dan sal die nasies wat die tyding aangaande U gehoor her, spreek en sê:
|
||
|
Omdat die HERE hierdie volk nie kon inbring in die land wat Hy hulle met ʼn eed beloof het nie, het Hy hulle in die woestyn omgebring.
|
||
|
Laat dan nou tog die krag van die HERE groot word, soos U gespreek het deur te sê:
|
||
|
Die Here is lankmoedig en groot van goedertierenheid, wat die ongeregtigheid en oortreding vergewe, maar dié nooit ongestraf laat bly nie, wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierdie geslag.
|
||
|
Vergerf tog die ongeregtigheid van hierdie volk, na die grootheid van u goedertierenheid, en soos U hierdie volk van Egipte af tot hiertoe vergewe het.
|
||
|
Toe sê die HERE: Ek vergewe, volgens jou woord.
|
||
|
Maar so waar as Ek leef en die hele aarde van die HERE se heerlikheid vol sal word-
|
||
|
al die manne wat my heerlikheid en my tekens gesien het wat Ek in Egipte en in die woestyn gedoen het, en My nou al tienmaal versoek en na my stem nie geluister het nie,
|
||
|
hulle sal die land nie sien wat Ek aan hulle vaders met ʼn eed beloof het nie, ja almal wat My verag het, sal dit nie sien nie.
|
||
|
Maar my kneg Kaleb, omdat ʼn ander gees in hom was en hy volhard het om land waarin hy gekom het, en sy geslag sal die in besit neem.
|
||
|
Die Amalakiete en die Kanaäniete woon in die laagte-draai môre weg en trek tog die woestyn in, op pad na die Skelfsee.
|
||
|
Daarna het die HERE met Moses gespreek en gesê:
|
||
|
Hoelank sal hierdie bose vergadering aanhou dat hulle teen My murmureer? Ek het die murmureeringe van die kinders van Israel gehoor waarmee hulle teen My bly murmureer.
|
||
|
Sê vir hulle: So waar as Ek leef! spreek die HERE, waarlik, soos julle voor my ore gespreek het, so sal Ek aan julle doen.
|
||
|
Julle lyke sal in hierdie woestyn lê, naamlik al julle geteldes, volgens julle volle getal, van twintig jaar oud en daarbo, julle wat teen My gemurmureer het.
|
||
|
Waarlik, júlle sal nie in die land kom waaromtrent Ek my hand opgehef het om julle daarin te laat woon nie, behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun.
|
||
|
En julle kinders waarvan julle gesê het: Hulle sal ʼn buit word-dié sal Ek inbring en dié sal die land leer ken wat julle verwerp het.
|
||
|
Maar júlle lyke sal in hierdie woestyn lê.
|
||
|
En julle kinders sal soos herders rondtrek in die woestyn, veertig jaar lank, en sal so julle hoerery dra totdat julle lyke in die woestyn verteer is.
|
||
|
Volgens die getal dae dat julle die land verken het, veertig dae, vir elke dag een jaar, moet julle jul ongeregtighede dra, veertig jaar lank, en my teëstand gewaar word.
|
||
|
Ek, die HERE, het dit gespreek; waarlik, die sal Ek aan hierdie hele bose vergadering doen wat teen My bymekaargekom het. Hulle sal in hierdie woestyn omkom en daar sterwe.
|
||
|
En die manne wat Moses gestuur het om die land te verken en wat ná hulle terugkoms die hele vergadering teen hom laat murmureer het deur slegte gerugte aangaande die land te versprei,
|
||
|
die manne wat slegte gerugte aangaande die land versprei het, het gesterwe deur 'n plaag voor die aangesig van die HERE.
|
||
|
Maar van dié manne wat die land gaan verken het, het Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, in die lewe gebly.
|
||
|
En toe Moses hierdie woorde aan al die kinders van Israel gesê het, het die volk baie getreur
|
||
|
en die môre vroeg klaargemaak en op die top van die berg geklim en gesê: Hier is ons, en ons wil optrek na die plek wat die HERE gesê het, want ons het gesondig.
|
||
|
Maar Moses het gesê: Waarom oortree julle tog die bevel van die HERE aangesien dit tog nie sal geluk nie?
|
||
|
Moenie optrek nie, want die HERE is nie onder julle nie-anders word julle verslaan voor julle vyande.
|
||
|
Want die Amalakiete en die Kanaäniete is daar voor julle, en julle van die HERE afvalling geword het, daarom sal die HERE nie met julle wees nie.
|
||
|
Nogtans het hule vermetel gehandel om op die top van die berg te klim; maar die verbondsark van die HERE en Moses het nie uit die laer gewyk nie.
|
||
|
Toe het die Amalekiete en die Kanaäniete wat in dié gebergte woonagtig was, afgekom en hulle verslaan en hulle verstrooi tot by Horma.
|