diff --git a/1/42 b/1/42 new file mode 100644 index 0000000..e7461c7 --- /dev/null +++ b/1/42 @@ -0,0 +1,11 @@ +Toe Jakob merk dat daar koring in Egipte was, vra Jakob vir sy seuns: Wat kyk julle so na mekaar? +En hy sê: Kyk, ek het gehoor dat daar koring in Egipte is; trek daarheen af en koop vir ons daar koring, dat ons kan lewe en nie sterwe nie. +Daarop het tien van Josef se broers afgetrek om koring uit Egipte te koop. +Maar Benjamin, die broer van Josef, het Jakob nie saam met sy broers gestuur nie; want hy het gedink: Altemit kan ʼn ongeluk hom oorkom. +So het die seuns van Israel dan gekom om koring te koop, onder diegene wat daar aangekom het; want daar was hongersnood in die land Kanaän. +En Josef was die maghebber oor die land, hy wat aan al die mense van die land koring verkoop het; daarom het die broers van Josef gekom en hulle voor hom met die aangesig na die aarde gebuig. +Sodra Josef sy broers sien, het hy hulle herken, maar hom vreemd teenoor hulle gehou en hulle hard aangespreek en vir hulle gesê: Waar kom julle vandaan? En hulle antwoord: Uit die land Kanaän om voedsel te koop. +En Josef het sy broers herken, maar húlle het hom nie herken nie. +Toe dink Josef aan die drome wat hy aangaande hulle gedroom het; en hy sê vir hulle: Julle is spioene, julle het gekom om te kyk waar die land oop is. +Maar hulle antwoord hom: Nee, meneer, maar u dienaars het gekom om voedsel te koop. +Ons is almal seuns van een man, ons is eerlike mense; u dienaars is geen spioene nie.