Voeg by Genesis 31:21-45

This commit is contained in:
Hannah van der Merwe 2022-07-21 17:00:54 +02:00 committed by Gitea
parent 5fb34576a7
commit 0a29cc4887

25
1/31
View File

@ -18,3 +18,28 @@ Toe maak Jakob hom klaar, en hy laai sy kinders en sy vroue op die kamele,
en hy voer al sy vee weg en al sy goed wat hy versamel het, die vee wat syne was, wat hy in Paddan-Aram versamel het, om te gaan na sy vader Isak in die land Kanaän.
Onderwyl Laban gaan om sy kleinvee te skeer, het Ragel die huisgode van haar vader gesteel.
En Jakob het Laban, die Arameër, mislei deur hom nie te vertel dat hy wou vlug nie.
So het hy dan gevlug met alles wat hy had: hy het hom klaar gemaak en deur die Eufraat gegaan en sy aangesig gerig na die gebergte van Gílead.
En op die derde dag kry Laban die tyding dat Jakob gevlug het.
Daarop het hy sy broers saam met hom geneem en hom agternagejaag, 'n afstand van sewe dae, en hom ingehaal in die gebergde van Gílead.
Maar God het na Laban, die Arameër, in die nag gekom in 'n droom en vir hom gesê: Pas nou op dat jy met Jakob geen goed of kwaad spreek nie.
En Laban het Jakob ingehaal: Jakob het sy tent al opgeslaan gehad in die gebergte, en Laban met sy broers het dit opgeslaan in die gebergte van Gílead.
Toe vra Laban vit Jakob: Wat het jy gedoen dat jy my mislei en my dogters soos krygsgevangene wegevoer het?
Waarom het jy stillietjies gevlug en my mislei en my dit nie vertel nie, dat ek jou met vrolikheid en liedere, met tamboeryn en siter kon weggebring het.
Ook het jy my nie toegelaat om my seuns en dogters te soen nie. Nou het jy dwaas gehandel.
Dit is in my mag om julle skade aan te doen, maar die God van julle vader het laaste nag met my gespreek en gesê: Pas nou op om met Jakob geen goed of kwaad te spreek nie.
Nou is jy dan eenmaal aan 't trek, omdat jy so erg verlang het na die huis van jou vader - maar waarom het jy my gode gesteel?
Toe antwoord Jakob en sê vir Laban: Omdat ek bevrees was, want ek het gedinku sal miskien u dogters met geweld van my wegneem.
Die een by wie u u gode vind - hy mag nie lewe nie! Ondersoek wat by my is in teenwoordigheid van ons broers, en neem dit vir u. Maar Jakob het nie geweet dat Ragel dit gesteel het nie.
Toe gaan Laban in die tent van Jakob en in die tent van Lea en in die tent van die twee slavinne, maar hy het niks gekry nie; en toe hy uit die tent van Lea uitgaan, kom hy in die tent van Ragel.
Maar Ragel het die huisgode geneem en dit in die kameelsaal weggepak en daarop gaan sit. En Laban het die hele tent duergevoel, maar niks gekry nie.
Daarop sê sy vir haar vader: My heer moet nie baie kwaad kyk nie, omdat ek nie vir u kan opstaan nie; want dit is met my volgens die reël van die vroue. En hy het gesoek, maar die huisgode nie gekry nie.
Toe word Jakob kwaad, en hy het met Laban getwis; en Jakob het geantwoord en vir Laban gesê: Wat is my oortreding, wat is my sonde, dat u my so vurig agternagesit het?
Noudat u al my goed duergevoel het - wat het u van al u huisraad gevind? Sit dit hier voor my broers en u broers, en laat hulle oordeel tussen ons twee.
Twintig jaar was ek nou by u. U skaap- en bokooie het geen misdrag gehad nie, en die ramme van u kleinvee het ek nie geëet nie.
Wat die wilde diere verskuer het, het ek nie na u gebring nie: ek moes dit vergoed; van my hand het u dit geëis, of dit al bedags gesteel is of snags gesteel is.
Ek was 'n man wat bedags deur die hitte verteer is, en snags duer die koue, en my slaap het gevlug van my oë.
Twintig jaar was ek nou in u huis; veertien jaar het ek u gedien vir u twee dogters en ses jaar vir u kleinvee; en u het my loon tienmaal verander.
As die God van my vader, die God van Abraham en die Vrees van Isak, nie aan my kant was nie - ja dan sou u my met leë hande weggestuur het. God het my ellende en die moeitevolle arbeid van my hande aangesien en laaste nag geoordeel.
Toe antwoord Laban en sê vir Jakob: Die dogters is my dogters, en die seuns is my seuns, en die kleinvee is my kleinvee, ja alles wat jy sien, is myne; maar my dogters - wat sal ek hulle vandag kan aandoen, of aan hulle seuns wat hulle gebaar het?
Kom dan nou, laat ons 'n verbond maak, ek en jy, dat dit 'n getuie tussen my en jou kan wees.
Daarop het Jakob 'n klip geneem en dit as gedenksteen opgerig.