Voeg by Psalms 28:1-9

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2022-09-09 16:49:23 +02:00
parent c3cef83368
commit 1b7f2b533b
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 13A7F6AB592EC5DA
1 changed files with 9 additions and 0 deletions

9
19/28 Normal file
View File

@ -0,0 +1,9 @@
ʼn Psalm van Dawid. Ek roep u aan, o HERE! My rots, draai nie stilswygend van my af weg nie, sodat ek, as U vir my stilbly, nie word soos die wat in die kuil neerdaal nie.
Hoor die stem van my smekinge sa ek U aanroep om hulp, as ek my hande ophef na die binneste van u heiligdom.
Ruk my nie weg saam met die goddelose en saam met die werkers van ongeregtigheid nie; wat van vrede spreek met hulle naaste, maar daar is kwaad in hulle hart.
Gee hulle na hul dade en na die boosheid van hul handelinge; gee hulle na die werk van hul hande; vergeld hulle vir wat hulle gedoen het.
Omdat hulle nie let op die dade van die HERE of op die werk van sy hande nie, sal Hy hulle afbreek en hulle nie bou nie.
Geloof sy die HERE, want Hy het die stem van my smekinge gehoor.
Die HERE is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.
Die HERE is ʼn sterkte vir hulle, en Hy is ʼn vesting van verlossing vir sy gesalfde.
Verlos u volk en seën u erfdeel, en wees vir hulle ʼn herder en dra hulle tot in ewigheid.