diff --git a/19/6 b/19/6 new file mode 100644 index 0000000..960769b --- /dev/null +++ b/19/6 @@ -0,0 +1,11 @@ +Vir die musiekleier; met snaarinstrumente; met basstem. 'n Psalm van Dawid. +o HERE, straf my nie in u toorn nie en kasty my nie in u grimmigheid nie. +Wees my genadig, HERE, want ek is verswak; maak my gesond, HERE, want my gebeente is verskrik. +Ja, my siel is baie verskrik; en U, HERE, tot hoelank? +Keer terug, HERE, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil. +Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk? +Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurwenk my bed met my trane. +My oog het dof geword van verdriet; dit het oud geword vanweë al my teëstanders. +Gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die HERE het die stem van my geween gehoor. +Die HERE het my smeking gehoor; die HERE neem my gebed aan. +Al my vyhande sal beskaamd staan en baie verskrik word; hulle sal in 'n oomblik beskaamd omdraai.