diff --git a/18/31 b/18/31 index e69de29..e666a5b 100644 --- a/18/31 +++ b/18/31 @@ -0,0 +1,22 @@ +Ek het 'n verbond gemaak met my oë: hoe sou ek dan ag gegee het op 'n jonkvrou? +Want tog is die lot van God daarbo beskik, en die erfdeel van die Almagtige uit die hoogtes? - +Is dit nie ondergang vir die kwaaddoener en ongeluk vir die werkers van ongeregtigheid nie? +Sien Hý nie my weë, en tel Hy nie al my voetstappe nie? +As ek met leuns omgegaan het en my voet gehardloop het na bedrog: +laat Hy my dan weeg op 'n regte weegskaal, sodat God my vroomheid kan weet! +As my gang afgewyk het van die weg, en my hart agter my oë aangegaan het, en aan my hande 'n vlek kleef - +laat my dan saai en 'n ander een eet, en my uitspruitsels ontwortel word. +As my hart verlok was oor 'n vrou, en ek geloer het by die deur van my naaste - +laat dan my vrou vir 'n ander een maal en ander hulle oor haar buig. +Want dit is 'n skandelike daad, en dit is 'n strafbare misdaad. +Ja, dit is 'n vuur wat tot by die plek van vertering toe vreet en al my opbringste sou ontwortel. +As ek gering geag het die reg van my slaaf of van my slavin toe hulle 'n geskil gehad het met my - +wat sou ek dan doen as God opstaan? En wat Hom antwoord as Hy ondersoek doen? +Het Hy wat my in die moederskoot gemaak het, hom nie gemaak nie? En het Een ons nie in die geboorte toeberei nie? +As ek die armes 'n versoek geweier het, en die oë van die weduwee laat versmag het; +en my stukkie brood alleen geëet het sonder om die wees daarvan te laat saameet; +(veelmeer het hy van my jeug af by my groot geword soos by 'n vader, en van my moeder se skoot af het ek haar gelei!) +as ek iemand sien omkom het sonder klere en dat daar geen bedekking vir die behoeftige was nie; +as sy lende my nie geseën en hy hom nie warm gemaak het van die skeersel vna my lammers nie; +as ek my hand teen 'n wees beweeg het, omdat ek in die poort vir my hulp gesien het - +laat dan my skouer van die nek afval en my arm van die pyp afgebreek word.