Voeg by Psalms 30:1-13

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2022-09-09 17:55:15 +02:00
parent 96de4f5c37
commit 2b254b6d08
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 13A7F6AB592EC5DA
1 changed files with 13 additions and 0 deletions

13
19/30 Normal file
View File

@ -0,0 +1,13 @@
ʼn Psalm, ʼn leid by die inwyding van die Huis. Van Dawid.
Ek sal U verhoog, HERE, want U het my gered en my vyande oor my nie laat bly wees nie.
HERE, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my gesond gemaak.
HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my lewendig gemaak uit die wat in die kuil neerdaal.
Psalmsing die HERE, o sy gunsgenote, en loof sy heilige gedagtenis;
want ʼn oomblik is daar in sy toorn, ʼn lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôrens is daar gejuig.
Ek het wel gesê in my sorgloosheid: Ek sal vir ewig nie wankel nie.
HERE, U het my berg deur u welbehae sterk laat staan. U het u aangesig verberg - ek het versrkik geword!
Ek het U aangeroep, HERE, en ek het die Here gesmeek.
Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof? sal dit u trou verkondig?
Hoor, HERE, en wees my genadig! HERE, wees my ʼn helper!
U het my weeklag vir my verander in ʼn koordans, U het my roukleed losgemaak en my met verugde omgord;
sodat my eer U kan psalmsing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof.