Voeg by Genesis 42:25-38

This commit is contained in:
Hannah van der Merwe 2022-11-10 08:30:13 +02:00 committed by Gitea
parent fe2883a986
commit 2f91aba616
1 changed files with 14 additions and 0 deletions

14
1/42
View File

@ -22,3 +22,17 @@ Toe sê hulle vir mekaar: Voorwaar, ons boet nou vanweë ons broer, omdat ons di
Daarop antwoord Ruben hulle: Het ek nie vir julle sό gesê nie: Besondig julle nie aan die seun nie? Maar julle het nie geluister nie. So word dan nou sy bloed geëis.
En hulle het nie geweet dat Josef dit verstaan nie, want daar was ʼn tolk tussen hulle.
Toe draai hy hom van hulle af weg en ween. Daarna het hy na hulle teruggegaan en met hulle gespreek; en hy het Símeon onder hulle uitgeneem en hom voor hulle oë gebind.
Daarop gee Josef bevel om hulle sakke vol koring te maak en elkeen se geld weer in sy sak te sit en om vir hulle padkos vir die reis saam te gee. En dit het gebeur.
En hulle het die koring op hul esels gelaai en daar weggetrek.
En toe die een sy sak oopmaak om sy esel voer te gee in die herberg, sien hy sy geld; dit het somar bo in sy sak gelê!
En hy sê vir sy broers: My geld is teruggegee; hier lê dit dan ook in my sak! Toe het hulle hart hul begewe, en hulle draai verskrik na mekaar toe en vra: Wat het God ons nou aangedoen?
En hulle het by hul vader Jakob in die land Kanaän gekom en hom alles vertel wat hulle wedervaar het en gesê:
Die man, die heer van die land, het ons hard aangespreek en ons vir spioene van die land gehou.
Maar ons het hom geantwoord: Ons is eerlike mense, ons is geen spioene nie.
Ons is twaalf broers, seuns van ons vader; die een is nie meer nie, en die jongste is nou by ons vader in die land Kanaän.
Daarop het die man, die heer van die land, vir ons gesê: Hieraan sal ek weet dat julle eerlike mense is - laat een van julle broers by my bly; en neem vir die honger van julle huisgesinne en trek weg,
en bring julle jongste broer na my toe; dan sal ek weet dat julle geen spioene is nie. As julle eerlike mense is, sal ek julle broer aan julle teruggee, en julle mag in die land rondtrek.
En toe hulle hul sakke leegmaak, was elkeen se bondeltjie geld daar in sy sak! En toe hulle hul bondeltjies geld sien, hulle en hul vader, was hulle bevrees.
Daarop sê Jakob, hulle vader, vir hulle: Julle beroof my van kinders. Josef is weg! En Símeon is weg! En Benjamin wil julle wegneem! Alles is teen my!
Toe spreek Ruben sy vader aan en sê: U kan my twee seuns doodmaak as ek hom nie na u terugbring nie. Vertrou hom aan my toe, en ék sal hom na u terugbring.
Maar hy antwoord: My seun sal nie saam met julle aftrek nie, want sy broer is dood, en hy het alleen oorgebly; en as ʼn ongeluk hom oorkom op die pad wat julle sal gaan, dan sal julle my grys hare met kommer in die doderyk laat afdaal.