Voeg by Job 20
This commit is contained in:
parent
bba413a2d5
commit
3170e40f05
29
18/20
Normal file
29
18/20
Normal file
@ -0,0 +1,29 @@
|
||||
Toe het Sofar, die Naämatiet, geantwoort en gesê:
|
||||
Daarom juis aanwoord my gedagtes my, en wel weens my haastighied in my.
|
||||
ʼn Bestraffing wat vir my griewend is, moet ek aanhoor; maar die gees uit my verstand antwoord my.
|
||||
Weet jy dit wel wat van altyd af was, vandat die mens op die aarde gemaak is:
|
||||
dat die gejubel van die goddelose kort van duur is en die vreugde van die roekelose net vir ʼn oomblik?
|
||||
Al klim sy hoogheid na die hemel toe op, en al raak sy hoof aan die wolke -
|
||||
soos sy eie drek vergaan hy vir ewig; die wat hom gesien het, vra: Waar is hy?
|
||||
Soos ʼn droom vleig hy weg, sodat ʼn mens hom nie meer vind nie; en hy woord verjaag soos ʼn naggesig.
|
||||
Die oog wat hom gesien het sien, hom nie meer nie; en sy plek aanskou hom nie meer nie.
|
||||
Sy kinders moet die guns soek van armes, en met eie hande moet hy sy vermoë teruggee.
|
||||
Sy gebeente was vol van sy jeugdige krag; maar met hom saam le dit in die stof.
|
||||
Al smaak die kwaad soet ni sy mond, al verberg hy dit onder sy tong,
|
||||
al spaar hy dit, en al wil hy dit nie laatvaar nie, maar dit terughou in sy verhemelte -
|
||||
tog word sy voedsel in sy ingewande verander, gal van adders in sy binneste.
|
||||
Rykdom het hy verslind, maar hy moet dit weer uitspuug; uit sy buik dryf God dit weg.
|
||||
Die gif van adders suig hy in, die tong van ʼn slang maak hom dood.
|
||||
H y mag hom nie verlustig in strome - riviere, stroompies van heuning en dikmelk nie.
|
||||
Wat hy deur arbeid verkry het, gee hy terug sonder om dit in te sluk; na die maat van sy ingeruilde rykdom sal hy nie bly wees nie.
|
||||
Want hy het die armes verdruk, aan hulle lot oorgelaat; ʼn huis het hy geroof, maar sal dit nie ophou nie.
|
||||
Want hy het geen rus geken in sy binneste nie; so sal hy dan nie ontsnap met sy kosbare goed nie.
|
||||
Niks het ontkom aan sy vraatsug nie; daarom is sy voorspoed nie duursaam nie.
|
||||
By die volhied van sy oorfloed sal hy benoud wees: al die hande van die ellendiges oorval hom.
|
||||
Om sy buik te vul, sal Hy teen hom uitstuur sy toorngloed en sal dit op hom laat reën sa sy voedsel.
|
||||
Hy sal vlug vir die ysterwapens - ʼn koperboog sal hom deurboor.
|
||||
Hy trek - daar kom dit uit sy rug, en die glinsterende swaar gaan uit sy gal; verskrikkenge is op hom!
|
||||
Pure duisternis is bewaar vir sy skatte; ʼn vuur wat nie deur mens aangeblaas is nie, verteer hom; dit wei af wat in sy tent oorbly.
|
||||
Die hemel oopenbaar sy ongeregtighied, en die aarde staan teen hom op.
|
||||
Weggevoer word die opbrings van sy huis - goed wat wegspoel op die dag van sy toorn.
|
||||
Dit is die deel van die goddelose mens van die kant van God en die erfdeel wat vir hom bestemd is deur God.
|
Loading…
Reference in New Issue
Block a user