Voeg by Genesis 24:1-23

This commit is contained in:
Hannah van der Merwe 2021-11-18 08:28:32 +02:00 committed by Gitea
parent 6a10420f67
commit 3511346383

22
1/24 Normal file
View File

@ -0,0 +1,22 @@
En Abraham was oud en ver op sy dae, en die HERE het Abraham in alles geseën.
Toe sê Abraham vir sy dienaar, die oudste van sy huis wat die opsig gehad het oor al sy goed: Lê tog jou hand onder my heup,
dat ek jou kan laat sweer by die HERE, die God van die hemel en die God van die aarde, dat jy vir my seun geen vrou sal neem uit die dogters van die Kanaäniete onder wie ek woon nie;
maar dat jy na my land en my famielie sal gaan om vir my seun Isak 'n vrou te neem.
Toe sê die dienaar vir hom: Miskien sal die vrou my nie wil volg na hierdie land nie. Moet ek u seun dan maar terugbring in die land waar u uit weggetrek het?
En Abraham antwoord hom: Neem jou tog in ag dat jy my seun nie weer daarnatoe bring nie.
Die HERE, die God van die hemel, wat my uit my vader se huis en uit my geboorteland weggeneem het, en wat met my gespreek en vir my gesweer het met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee - Hý sal sy Engel voor jou uit stuur, en jy moet vir my seun daar 'n vrou gaan haal.
Maar as die vrou jou nie wil volg nie, dan is jy ontslae van hierdie eed aan my. Jy moet net my seun nie weer daarnatoe bring nie.
Toe lê die dienaar sy hand onder die huep van Abraham, sy heer, en hy het vir hom gesweer, met die oog op hierdie saak.
En die dienaar het tien kamele van die kamele van sy heer geneem en weggegaan met allerhande kosbare goed van sy heer by hom: hy het klaargemaak en na Mesopotámië, na die stad van Nahor, getrek.
En hy het die kamele laat neerkniel buitekant die stad by 'n put, teen die aand, teen die tyd dat die vroue uitgaan om water te skep,
en gesê: HERE, God van Abraham, my heer, laat ek haar tog vandag ontmoet, en bewys guns aan Abraham, my heer.
Hier staan ek by die fontein terwyl die dogters van die manne van die stad uitkom om water te skep.
Laat dit nou tog gebeur - as die dogter vir wie ek sê: Hou tog jou kruik, dat ek kan drink, antwoord: Drink, en ek sal ook u kamele laat drink - dan is sy dit wat U bestem het vir u kneg Isak, en daaraan sal ek weet dat U guns aan my heer bewys het.
Hy het nog nie klaar gespreek nie, of daar kom Rebekka uit wat vir Bétuel, die seun van Milka die vrou van Nahor, Abraham se broer, gebore is, met haar kruik op haar skouer.
En die dogter was baie mooi van aansien, 'n jongmeisie, en geen man het haar beken nie. En sy het afgedaal na die fontein en haar kruik vol gemaak en weer opgekom.
Toe loop die dienaar haar tegemoet en sê: Laat my tog 'n bietjie water uit jou kruik drink.
En sy antwoord: Drink, meneer! Daarop laat sy gou haar kruik op haar hand afsak en laat hom drink.
Nadat sy hom genoeg laat drink het, sê sy: Ek sal vir u kamele ook skep tot hulle genoeg gedrink het.
En die man het haar stilwyend betrag om te weet of die HERE sy weg voorspoedig gemaak het of nie.
En toe die kamele genoeg gedrink het, neem die man 'n goue neustring, 'n halwe sikkel in gewig, en twee armbande vir haar hande, tien sikkels goud in gewig.
En hy sê: Wie se dogter is jy? vertel my tog. Is daar plek in die huis van jou vader om te vernag?