Voeg by Psalms 5:1-13

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2022-06-25 14:04:25 +02:00 committed by Gitea
parent 6db01530a8
commit 36025c4ccf

13
19/5 Normal file
View File

@ -0,0 +1,13 @@
Vir die musiekleier; met fluite. 'n Psalm van Dawid.
o HERE, luister na my woorde, let op my versugting.
Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.
In die môre, HERE, sal U my stem hoor; in die môre sla ek dit aan U voorlê en afwag.
Want U is nie 'n God wat behae het in goddeloosheid nie; die kwaaddoenersal by U nie vertoef nie.
Die onsinniges sal voor u oë nie stand hou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid.
U sal die leuensprekers laat omkom; van die man van bloed en bedrog het die HERE 'n afsku.
Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan my buig na u heilige paleis, in u vrees.
HERE, lei my in u geregtigheid om my vyhande ontwil; maak u weg voor my reg.
Want in hulle mond is niks vertroubaars nie; hulle binneste bring onheil; hulle keel is 'n oop graf; hulle maak hul tog glad.
Verklaar hulle skuldig, o God! Laat hulle val deur hul planne; dryf hulle weg oor die menigte van hul oortredinge, want hulle is wederstewig teen U.
Maar laat hulle almal bly wees wat by U skuil; laat húlle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat U juig die wat u Naam liefhet.
Want Ú seën die regverdige, o HERE, U omring hom met welbehae soos met 'n skild.