diff --git a/19/46 b/19/46 new file mode 100644 index 0000000..8cebd7d --- /dev/null +++ b/19/46 @@ -0,0 +1,6 @@ +Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. Met sopraanstemme. ʼn Lied. +God is vir ons ʼn toeflug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. +Daarom sal ons nie vrees nie, al wankel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die seë. +Laat die waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy verheffing! Sela. +Die stroompies van ʼn rivier maak die Godstad bly, die heiligdom van die woninge van die Allerhoogste. +God is daar binne - in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek.