diff --git a/19/49 b/19/49 new file mode 100644 index 0000000..eee04fd --- /dev/null +++ b/19/49 @@ -0,0 +1,7 @@ +Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. ʼn Psalm. +Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld, +geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm! +My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstant. +Ek sal my oor neig tot ʼn spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter. +Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring - +die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom?