diff --git a/19/25 b/19/25 new file mode 100644 index 0000000..ebbd3a9 --- /dev/null +++ b/19/25 @@ -0,0 +1,22 @@ +ʼn Psalm van Dawid. Alef. Tot U, o HERE, hef ek my siel op. +Bet. My God, op U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyhande oor my nie juig nie. +Gimel. Ja, almal wat U verwag sal nie beskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat trouloos handel sonder oorsaak. +Dalet. HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie. +He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag. +Sajin. Dink, HERE, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede, want dié is van ewigheid af. +Get. Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o HERE! +Tet. Die HERE is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg. +Jod. Hy sal die sagmoediges lei in die reg en die sagmoediges sy weg leer. +Kaf. Al die paaie van die HERE is geodertierenheid en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar. +Lamed. Om u Naam ontwil, HERE, vergeef my ongeregtigheid, want dit is groot. +Mem. Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies. +Noen. Hy self sal vernag in die goeie, en sy nageslag sal die land besit. +Samek. Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak. +Ajin. My oë is altyddeur op die HERE, want Hý sal my voete uit die net uitlei. +Pe. Wend U tot my en wees my genadig, want ek is eensaam en ellendig. +Sade. Die benoudhede van my hart is wyd uitgestrek; lei my uit my angste. +Resj. Aanskou my ellende en my moeite, en vergeef al my sondes. +Resj. Aanskou my vyhande, want hulle is talryk; en hulle haat my met ʼn gewelddadige haat. +Sjin. Bewaar my siel en red my; laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek. +Tau. Laat vroomheid en opregtheid my bewaar, want U verwag ek. +o God, verlos Israel uit al sy benoudhede.