diff --git a/19/39 b/19/39 new file mode 100644 index 0000000..3e93e11 --- /dev/null +++ b/19/39 @@ -0,0 +1,14 @@ +Vir die musiekleier; vir Jedútun. ʼn Psalm van Dawid. +Ek het gesê: Ek wil my weë bewaar, sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die goddelose nog voor my is. +Ek was stom in stilte, ek het geswyg, ver van die goeie af; maar my smart is aangewakker. +My hart het warm geword in my binneste; ʼn vuur het ontvlam by my gesug; ek het gespreek met my tong: +HERE, maak my bekend my einde en wat die maat van my dae is; laat my weet hoe verganklik ek is. +Kyk, U het my dae ʼn paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela. +Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja hulle woel verniet; hulle stawel op en weet nie wie dit sal insamel nie. +En nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U. +Red my van al my oortredinge; maak my nie ʼn smaad van die dwaas nie. +Ek is stom, ek sal my mond nie oopmaak nie; want Ú het dit gedoen. +Neem u plaag van my weg; ek vergaan vanweë die bestryding van u hand. +Tugtig U die mens met strawwe oor die ongeregtigheid, dan laat U sy skoonheid vergaan soos ʼn mot; ja elke mens is nietigheid! Sela. +Hoor, HERE, my gebed, en luister na my hulpgeroep; swyg nie by my trane nie; want ek is ʼn vreemdeling by U, ʼn bywoner soos al my vaders. +Wend u oog van my af, dat ek kan vrolik word voordat ek heengaan en daar nie meer is nie.