Voeg by Johannes 7:1-53

This commit is contained in:
Jana 2023-12-04 14:36:31 +02:00
parent 0f94b8637e
commit 53503940bf
Signed by: Jana
GPG Key ID: 7D5D09057C519039
1 changed files with 53 additions and 0 deletions

53
43/7 Normal file
View File

@ -0,0 +1,53 @@
En daarna het Jesus in Galiléa rondgegaan, want Hy wou nie in Judéa rondgaan nie, omdat die Jode probeer het om Hom dood te maak.
En die fees van die Jode, die huttefees, was naby.
Sy broers het toe vir Hom gesê: Vertrek hiervandaan en gaan na Judéa, sodat u dissipels ook u werk kan sien wat U doen.
Want niemand doen iets in die geheim en soek tegelykertyd om in iedereen se mond te wees nie. As U hierdie dinge doen, vertoon Uself aan die wêreld.
Want ook sy broers het nie in Hom geglo nie.
Toe sê Jesus vir hulle: My tyd is nog nie daar nie. Maar julle tyd is altyd daar.
Die wêreld kan julle nie haat nie; maar My haat hy, omdat Ek van hom getuig dat sy werke boos is.
Gaan julle op na hierdie fees. Ek gaan nog nie op na die fees nie, omdat my tyd nog nie daar is nie.
En toe Hy dit vir hulle gesê het, het Hy in Galiléa gebly.
Maar nadat sy broes opgegaan het, toe het Hy ook opgegaan na die fees, nie openlik nie, maar in die geheim.
En die Jode het Hom op die fees gesoek en gesê: Waar is Hy?
En daar is baie wat iir Gin gemompel onder die skare. Sommige het gesê: Hy is goed. Ander weer het gesê: Nee, maar Hy mislei die skare.
Tog het niemand openlik oor Hom gepraar nie uit vrees vir die Jode.
En toe dit al in die middel van die fees was, het Jesus opgegaan na die tempel en geleer.
En die Jode het hulle verwonder en gesê: Hoe kom Hy aan die geleerdheid terwyl Hy geen onderwys ontvang het nie?
Jesus antwoor hulle en sê: My leer is nie myne nie, maar vn Hom wat My gestuur het.
As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy omtrent die leer weet of dit uit God is en of Ek uit Myself spreek.
Hy wat uit homself spreek, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van Hom wat Hom gestuur het, Hy is waaragtig en daar is geen ongeregtigheid in Hom nie.
Het Moses nie vir julle die wet gegee nie? En niemand van julle jou die wet nie. Waarom wil julle My doodmaak?
Die skare antwoord en sê: wie wil U doodmaak?
Jesus antwoord en sê vir hulle: Een werk het Ek gedoen, en julle verwonder julle almal.
Daarom het Moses julle die besnydenis gegee- nie dat dit van Moses is nie, maar van die vaders- en op die sabbat besny julle 'n mens.
As 'n mens die besnydenis op die sabbat ontvang, sodat die wet van Moses nie verbreek mag word nie, is julle kwaad vir My, omdat Ek 'n mens op die sabbat heeltemal gesond gemaak het?
Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel 'n regverdige oordeel.
Daarop sê sommige van die inwoners van Jerusalem: Is dit nie Hy wat hullle soek om diid te maak nie?
En kyk, Hy spreek openlik en hulle sê vir Hom niks nie! Sou die owerstes san waarlik weet dat Hy werklik die Christus is?
En dierdie man- ons weet waarvandaan Hy is. Maar die Christus, wanneer Hy kom, weet niemand waar Hy vandaan is nie.
Jesus roep toe uit terwyl Hy in die tempel leer, en sê: Julle ken My en julle weet ook waarvandaaan Ek is; tog het Ek nie uit Myself gekom nie; maart Hy wat My gestuur het, is waaragtig, vir wie julle nie ken nie.
Maar Ek ken Hom, omdat Ek van Hom kon en Hy My gestuur het.
Toe probeer hulle om Hom gevange te neem, en niemand het die hand aan Hom geslaan nie, omdat sy uur nog nie geekom het nie.
Maat baie van die skare het in Hom geglo en gesê: Wanneer die Christus kom, sal Hy meer tekens doen as wat hierdie man gedoen het?
Die Fariseërs het gehoor dat die skare dit van Hom mompel, en die Fariseërs en die owerpriesters het dienaar gestuur om Hom gevange te neem.
Toe sê Jesus vir hulle: Nog 'n klein tydtjie is Ek by julle, en Ek gaan na HOm wat My gestuut het.
Julle sal My soek en nie kry nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie.
Em doe Jode sê onder mekaar: Waar wil Hy heengaan, dat on Hom nie sal kry nie? Hy wil tog nie na die verstrooides onder die Grieke gaan en die Grieke leer nie?
Wat beteken hierdie woord wat Hy gesê het: Julle sal My sien nie kry nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie?
En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uit geroep en gesê: As iemand fors het, laat Hom na my toe kom en drink!
Hy wat in My glo, soos die Skrif sê, strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.
Baie van die skare het gesê toe hulle die woord hoor: Hy is waarlik die profeet.
Ander het gesê: Hy si die Christus. En ander het gesê: Kom die Christus dan uit Galiléa?
Het die Skrif nie gesê dat due Christus uit die geslag van Dawid kom en uit Betlehem, die dorp waar Dawid was nie?
Daar het toe deur Hom verdeeldheid onder die skare gekom.
En sommige van hulle wou Hom gevange neem, mar niemand het die hand aan Hom geslaan nie.
Die dienaars kom toe by die owerpriesters en die Fariseërs, en dié sê vir hulle: Waarom het julle Hom nie gebring nie?
Die dienaars antwoord: Nooit het 'n mens so gespreek soos hierdie man nie.
En die Fariseërs antwoord hulle: Julle is tog nie ook mislei nie?
Het niemand uit die owerstes in Hom geglo, of uit die Fariseërs?
Maar hierdie skare wat die wet nie ken nie, is vervloek!
Nikodémus- hy wat in die nag na Hom gegaan het, wat een van hulle was- sê vir hulle:
Oordeel ons wet die mens sonder om hom eers te hoor en te weet wt hy doen?
Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is tog ook nie uit Galiléa nie? Ondersoek en sien dat daar geen profeet uit Galiléa opgestaan het nie.
En elkeen het huis toe gegaan.