diff --git a/19/50 b/19/50 new file mode 100644 index 0000000..9e0c859 --- /dev/null +++ b/19/50 @@ -0,0 +1,23 @@ +ʼn Psalm van Asaf. God, ja God, die HERE spreek en roep die aarde, van die opgang van die son af tot sy ondergang toe. +Uit Sion, die volkomenheid van skoonheid, verskyn God in ligglans. +Onse God kom en kan nie swyg nie. Vuur verteer voor sy aangesig, en rondom Hom storm dit geweldig. +Hy roep na die hemel daarbo en na die aarde om sy volk te oordeel. +Versamel my gunsgenote vir My, hulle wat my verbond by die offer maak! +En - die hemele verkondig sy geregtigheid, want God staan gereed om te oordeel! Sela. +Hoor, my volk, dat Ek kan spreek; Israel, dat Ek dit jou kan inskerp: Ek is God, jou God! +Oor jou offers bestraf Ek jou nie, en jou brandoffers is altyddeur voor My. +Ek hoef uit jou huis geen stier te neem of bokke uit jou krale nie; +want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op duisend berge. +Ek ken al die voëls van die berge, en die diere van die veld is by My. +As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is myne en sy volheid. +Sou Ek vleis van stiere eet of bloed van bokke drink? +Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste; +en roep My aam in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer. +Maar vir die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond - +terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou werp? +As jy ʼn dief sien, dan geval dit jou by hom, en jou deel is met die egbrekers. +Jou mond laat jy los in boosheid, en jou tong vleg bedrog. +Jy sit en praat teen jou broer, die seun van jou moeder beskimp jy. +Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit ordelik voor oë stel. +Verstaan dit tog, o Godvergeters, sodat Ek nie verskeur sonder dat iemand red nie. +Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee - hom sal Ek die heil van God laat geniet.