From 638c19881b13a51e8f836d6b8d991b1fae493437 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Fri, 16 Sep 2022 14:51:42 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Psalms 32:1-11 --- 19/32 | 11 +++++++++++ 1 file changed, 11 insertions(+) create mode 100644 19/32 diff --git a/19/32 b/19/32 new file mode 100644 index 0000000..447feb8 --- /dev/null +++ b/19/32 @@ -0,0 +1,11 @@ +ʼn Pslam van Dawid; ʼn onderwysig. Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is. +Welgeluksalig is die mens aan wie die HERE die ongeregtigheid nie toegereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie. +Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag; +want u hand was dag en nag swaar op my; my murg het verander soos deur somerdroogtes. Sela. +My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wik aan die HERE my oortredinge bely; en Ú het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela. +Daarom sal elke vrome U aanbid in ʼn tyd as U te vinde is; ja, by ʼn oorstroming van groot waters sal hulle nie aan hom raak nie. +U is ʼn skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela. +Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees. +Wees nie soos ʼn perd, soos ʼn muilesel wat geen verstand het nie, wat ʼn mens moet tem met toom en teul as sy tuig, anders kom hy nie naby jou nie. +Die goddelose het baie smarte, maar hy wat op die HERE vertrou - met goedertierenheid sal Hy hom omring. +Wees bly in die HERE en juig, o regverdiges! En jubel, alle opregtes van hart!