Voeg by Genesis 25:23-34

This commit is contained in:
Hannah van der Merwe 2021-12-21 15:28:27 +02:00 committed by Gitea
parent 0ff872f5a9
commit 759f131f5e

12
1/25
View File

@ -20,3 +20,15 @@ En dit is die geskiedenis van Isak, die seun van Abraham: Abraham was die vader
En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van Bétuel, die Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het.
En Isak het die HERE gesmeek met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar; en die HERE het hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka swagner geword het.
En die kinders het teen mekaar gestamp binne-in haar. Toe sê sy: As dit so gaan, waarvoor leef ek dan? Daarom het sy gegaan om die HERE te raadpleeg.
En die HERE antwoord haar: Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggam; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en die oudste sal die jongste dien.
En toe haar dae vervul is dat sy moes baar, was daar 'n tweeling in haar skoot.
En die eerste is gebore- rooi, geheel-en-al soos 'n mantel van hare. Daarom het hulle hom Esau genoem.
En daarna is sy broer gebore terwyl sy hand die hakskeen van Esau vashou. Daarom is hy Jacob genoem. En Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte.
En die seuns het opgegroei: Esau was 'n jagter, 'n man van die veld; maar Jacob was 'n vredeliewende man wat in tente gewoon het.
En Isak het Esau liefgehad, want wildvleis was na sy smaak; maar Rebekka het Jacob liefgehad.
En Jacob het 'n kooksel klaargemaak, en Esau het moeg uit die veld gekom.
Toe sê Esau vir Jacob: Laat my tog sluk van daardie rooigoed daar, want ek is moeg. Daarom het hulle hom Edom genoem.
En Jacob antwoord: Verkoop eers jou eersgeboortereg aan my.
En Esau sê: Kyk, ek gaan sterwe, en wat baat die eersgeboortereg my dan?
Toe aantwoord Jacob: Sweer eers vir my. En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jacob verkoop.
En Jacob het vir Esau brood en die kooksel lensies gegee; en hy het geëet en gedrink en opgestaan en weggegaan. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag.