Voeg by Genesis 33-34

This commit is contained in:
Hannah van der Merwe 2022-08-29 10:03:02 +02:00 committed by Gitea
parent 6afce79c5c
commit 78a03eace0
2 changed files with 51 additions and 0 deletions

20
1/33 Normal file
View File

@ -0,0 +1,20 @@
En Jakob het sy oë opgeslaan, en toe hy meteens Esau sien aankom en vier honderd man saam met hom, het hy die kinders onder Lea en Ragel en onder die twee slavinne verdeel.
En hy het die slavinne met hulle kinders eerste, en Lea met haar kinders daaragter, en Rachel en Josef laaste opgestel;
maar hy self het voor hulle uit gegaan en hom sewemaal na die aarde gebuig totdat hy by sy broer gekom het.
Toe loop Esau hom tegemoet en omhels hom en val hom om die hals en soen hom; en hulle het geween.
Daarna het hy sy oë opgeslaan en die vroue en kinders gesien en gesê: Wie het jy daar by jou? En hy antwoord: Die kinders wat God uit genade aan u dienaar geskenk het.
En die slavinne het nadergekom, hulle en hulle kinders, en hul neergebuig.
En Lea het ook nadergekom met haar kinders en hul neergebuig; daarna het Josef nadergekom en Ragel en hul neergebuig.
Daarop sê hy: Wat is jou bedoeling met daardie hele laer wat ek teëgekom het? En hy antwoord: Om guns te vind in die oë van my heer.
Maar Esau sê: Ek het baie, my broer! Wat joue is, laat dit joue bly!
Toe antwoord Jakob: Ag nee, as ek nou guns in u oë gevind het, neem dan my geskenk uit my hand aan. Want daarom het ek u aangesig te sien gekry soos ʼn mens die aangesig van God sien, en u het behae in my gehad.
Neem tog my geskenk wat u aangebied is, want God het my dit uit genade gegee, en ek het volop. En hy het by hom aangehou, sodat hy dit aangeneem het.
Daarop sê hy: Laat ons opbreek en verder trek, en ek sal langs jou trek.
Maar hy antwoord hom: My heer weet dat die kinders swak is, en dat ek lammerooie en melkkooie by my het; as ʼn mens hulle net een dag ooreis, dan sterf al die kleinvee.
My heer moet maar voor sy dienaar uit trek, en ék sal op my gemak trek na die gang van die vee wat voor my uit gaan, en na die gang van die die kinders tot ek by my heer in Seϊr aankom.
Toe sê Esau: Laat my tog van die manskappe wat by my is, by jou laat staan. En hy antwoord: Waarvoor dan? Laat my guns in die oë van my heer vind!
So het Esau dan dié dag teruggegaan padlangs na Seϊr toe.
Maar Jakob het na Sukkot weggetrek en vir hom ʼn huis gebou en takkrale vir sy vee gemaak. Daarom het hy die plek genoem Sukkot.
En Jakob het behoue aangekom in die stad Sigem wat in die land Kanaän is toe hy van Paddan-Aram gekom het - hy het sy laer voor die stad opgeslaan
en die stuk grond gekoop waar hy sy tent opgeslaan het, van die seuns van Hemor, die vader van Sigem, vir honderd geldstukke.
Daar het hy ook ʼn altaar opgerig en dit genoem: Die God van Israel is God.

31
1/34 Normal file
View File

@ -0,0 +1,31 @@
En Dina, die dogter van Lea, wat sy vir Jakob gebaar het, het uitgegaan om die dogters van die land te besoek.
Toe Sigem, die seun van Hemor, die Hewiet, die vors van die land, haar sien, het hy haar gegryp en met haar gemeenskap gehad en haar onteer.
En sy siel het verkleef geraak aan Dina, die dogter van Jakob; en hy het die dogter liefgehad en na die hart van die dogter gespreek.
Sigem het ook met sy vader Hemor gespreek en gesê: Neem daardie dogter vir my as vrou.
Toe Jakob dan hoor dat hy sy dogter Dina onteer het, was sy seuns in by die vee in die veld; en Jakob het geswyg totdat hulle gekom het.
En Hemor, die vader van Sigem, het na Jakob uitgegaan om met hom te spreek.
En de seuns van Jakob het uit die veld gekom toe hulle dit hoor; en die manne was gegrief en baie kwaad, omdat hy ʼn dwaasheid in Israel begaan het deur met die dogter van Jakob gemeenskap to hou: so iets moes nie gewees het nie.
Toe spreek Hemor met hulle en sê: Die siel van my seun Sigem is verlief op julle dogter: gee haar tog aan hom as vrou
en verswaer julle met ons: gee aan ons julle dogters, en neem vir julle ons dogters.
Bly maar by ons woon, en die land sal voor julle oop lê; woon en trek rond daarin en verwerf vaste besittings daarin.
En Sigem sê vir haar vader en haar broers: Laat my guns vind in julle oë, en wat julle van my eis, sal ek gee.
Vra my ʼn baie groot koopprys en geskenk, en ek sal dit gee soos julle vir my së; gee my net die dogter as vrou.
Toe antwoord die seuns van Jakob vir Sigem en Hemor, sy vader, met bedrog - hulle het so gespreek, omdat hy hulle suster Dina onteer het -
en sê vir hulle: Ons kan dit nie doen om ons suster vir ʼn man te gee wat die voorhuid het nie, want dit sou ʼn skande vir ons wees.
Net op hierdie voorwaarde kan ons inwillig: as julle word soos ons deurdat almal wat manlik is onder julle, besny word.
Dan sal ons ons dogters aan julle gee, en ons sal julle dogters vir ons neem; en ons sal by julle woon en een volk word.
Maar as julle nie na ons luister om besny te word nie, dan neem ons ons dogter en ons trek weg.
En hulle woorde was goed in die oë van Hemor en in die oë van Sigem, die seun van Hemor.
En die jongman het nie versuim om dit te doen nie, want hy het sin gehad in die dogter van Jakob, en hy was die mees geëerde in die hele huis van sy vader.
Toe gaan Hemor en sy seun Sigem na die poort van hulle stad, en hulle spreek met die manne van hul stad en sê:
Hierdie manne lewe in vrede met ons; daarom, laat hulle in die land woon en daarin rondtrek: die land lê mos alkante toe wyd voor hulle. Ons kan hulle dogters vir ons as vroue neem, en ons sal ons dogters aan hulle gee.
Maar net op hierdie voorwaarde sal die manne inwillig om by ons te woon, om een volk te word: as almal wat manlik onder ons, besny word soos hulle besny is.
Hulle vee en hulle besittings en al hulle trekdiere - sal dit nie ons s'n wees nie? Laat ons net inwillig, sodat hulle by ons kan bly woon.
En hulle het geluister na Hemor en na sy seun Sigem - almal wat uit sy stadpoort uitgegaan het; en almal wat manlik was, is besny, almal wat uit sy stadpoort uitgegaan het.
Maar op die derde dag toe hulle in pyn was, neem die twee seuns van Jakob, Símeon en Levi, broers van Dina, elkeen sy swaard, en hulle oorval die sorgelose stad en slaan almal dood wat manlik was.
Hulle slaan ook Hemor en sy seun Sigem dood met die skerpte van die swaard; daarna neem hulle Dina uit die huis van Sigem uit en vertrek.
Die seuns van Jakob het op die gesneuweldes afgekom en die stad geplunder, omdat hulle hul suster onteer het.
Hulle kleinvee en hulle beeste en hulle esels - wat in die stad en in die veld was - het hulle weggeneem.
En al hulle goed en al hulle kinders en hulle vroue het hulle as gevangene weggevoer en as buit, en ook alles wat in die huise was.
Toe sê Jakob vir Símeon en Levi: Julle het my ontroer, dat julle my gehaat gemaak het by die inwoners van die land, die Kanaäniete en Feresiete, terwyl ek ʼn klien klompie is. As hulle teen my versamel, sal hulle my verslaan, en ek sal verdelg word, ek en my huis.
Toe antwoord hulle: Hoe durf hy dan ons suster as ʼn hoer behandel!