From 885920bbddf4dc14b1e91738e1dbcd7a4f08a8ab Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Hannah van der Merwe Date: Fri, 30 Jun 2023 23:29:37 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Genesis 45:12-21 --- 1/45 | 10 ++++++++++ 1 file changed, 10 insertions(+) diff --git a/1/45 b/1/45 index 5d48c70..0633f35 100644 --- a/1/45 +++ b/1/45 @@ -9,3 +9,13 @@ Júlle het my dan nou nie heirheen gestuur nie, maar God; en Hy het my ʼn raadsm Trek gou op na my vader en sê vir hom: So spreek u seun Josef: God het my ʼn gebieder oor die hele Egipteland gemaak. Kom af na my, moenie versuim nie! En u kan in die land Gosen woon en naby my wees, u en u kinders en u kindskinders en u kleinvee en u beeste en alles wat u besit. En ek sal u daar onderhou, want saar sal nog vyf jaar hongersnood wees; sodat u nie verarm nie, u en u huis en alles wat aan u behoort. +En kyk, julle oë sien dit, en die oë van my broer Benjamin, dat dit my mond is wat met julle spreek. +Vertel dan aan my vader van al my heerlikheid in Egipte en van alles wat julle gesien het, en bring my vader gou hierheen af. +Toe val hy sy broer Benjamin om die hals en ween; en ook Benjamin het aan sy hals geween. +En hy het al sy broers gesoen en aan hulle hals geween; en daarna het sy broers met hom gespreek. +Toe die gerugte in die huis van Farao gehoor word dat Josef se broers gekom het, was dit goed in die oë van Farao en van sy dienaars. +En Farao het met Josef gesreek: Sê vir jou broer: Doen dit, laai julle diere en trek weg na die land Kanaän. +En gaan haal julle vader en julle huisgesinne en kom na my toe, dan sal ek julle die beste van Egipteland gee; en eet die vettigheid van die land. +Jý kry bevel om dit te doen: Neem vir julle uit Egipteland waens vir julle kinders en julle vroue, en vervoer julle vader en kom. +En julle hoef geen spyt te hê oor julle huisraad nie, want die beste van die hele Egipteland is julle s'n. +Die seuns van Israel het toe so gedoen; en Josef het vir hulle waens verskaf volgens die bevel van Farao en hulle padkos gegee vir die reis.