From 8d8bd89020d8137e10f7b957211efc10a6e3df21 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Sat, 25 Jun 2022 14:06:01 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Psalms 7:1-18 --- 19/7 | 18 ++++++++++++++++++ 1 file changed, 18 insertions(+) create mode 100644 19/7 diff --git a/19/7 b/19/7 new file mode 100644 index 0000000..6920015 --- /dev/null +++ b/19/7 @@ -0,0 +1,18 @@ +Sjiggajōn van Dawid wat hy tot eer van die HERE gesing het weens die woorde van Kus, die Benjaminiet. +HERE, my God, by U skuil ek; verlos my van al my vervolgers en red my; +sodat hy nie soos 'n leeu my verskeur en wegruk sonder dat iemand red nie. +HERE, my God, as ek dit gedoen het, as daar onreg in my hande is, +as ek hom kwaad aangedoen het wat in vrede met my geleef het (ja, ek het hom gered wat my sonder oorsaak vyandig was)- +mag die vyhand my dan vervolg en inhaal en my lewe teen die grond vertrap en my eer in die stof laat woon. Sela. +Staan op, HERE, in u toorn, verhef U teen die grimmigheid van my teëstanders en ontwaak vir my, U wat die reg beveel het! +En laat die vergadering van die volke U omring; keer dan bo hulle terug in die hoogte! +Die HERE oordeel die volke. Doen aan my reg, HERE, na my geregtigheid en na my vroomheid wat by my is. +Laat tog die boosheid van die goddelose mense 'n end kry, maar bevestig U die regverdige, ja U wat die harte en niere toets, o regverdige God! +My skild is by God wat die opregtes van hart verlos. +God is 'n regverdige regter en 'n God wat elke dag toornig is. +As hy hom nie bekeer nie, maak Hy sy swaard skerp; Hy span sy boog en mik daarmee +en maak vir hom dodelike werktuie klaar; Hy maak sy pyle brandende wapens. +Kyk, hy is in barensweë van onregen en is swanger van moeite; hy baar leuens. +Hy het 'n kuil gegrawe en dit uitgehol; maar hy het geval in die vangkuil wat hy gemaak het. +Sy moeite keer op sy hoof terug, en sy geweld kom op sy skedel neer. +Ek wil die HERE loof na sy geregtigheid en die Naam van die HERE, die Allerhoogste, psalmsing.