From 965e2aaa06dfb2c2170897bd5945fc6702267df0 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Sat, 25 Sep 2021 17:25:28 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Job 6 --- 18/6 | 30 ++++++++++++++++++++++++++++++ 1 file changed, 30 insertions(+) create mode 100644 18/6 diff --git a/18/6 b/18/6 new file mode 100644 index 0000000..857209f --- /dev/null +++ b/18/6 @@ -0,0 +1,30 @@ +Maar Job het geantwoord en gesê: +Ag, was my verdriet maar goed geweeg en my ongeluk meteens in ʼn skaal opgehef! +Ja, dan sou dit swaarder wees as die sand van die see; daarom is my woorde onbedagsaam. +Want die pyle van die Almagtige is in my, waarvan my gees die gif indruk; die verskrikkinge van God het hulle teen my opgestel. +Balk die wilde esel by die grasspruitjies? Of bulk ʼn bees by sy voer? +Word iets wat laf is, sonder suot geëet? Of is daar smaak in die wit van ʼn eier? +My siel weier om dit aan te raak; dit is net soos my walglike spyse. +Ag, mwg my bede maar uitkom, en mag God verwagting maar gee! +En mag dit God behaag om my te verpletter, sy hand uit te strek en my af te sny! +Dan sou ek nog troos hê ja van vreugte opspring in onbarmhartige smart; want die woorde van die Helige het ek nie verloën nie. +Wat is my krag, dat ek sou kan wag? en wat my uitende, dat ek geduldig sou wees? +Is my krag ʼn krag van klip? Of my vlees van metaal? +Is ek dan nie hulpeloos in myself nie, en is redding nie vir my weggedrywe nie? +Vir die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend, ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar. +My broeders het troueloos gehandel soos ʼn spruit, soos die bedding van spruite wat oorloop, +wat troebel is vanweë die ys, waarin die sneeu hom verberg- +in die tyd van gloehitte verdwyn hulle; as dit warm word, droog hulle uit hul plek. +Karavane draai weg van hulle trekpad af - hulle trek op in die wildernisen en vergaan. +Die karavane van Tema het uitgekyk, die reisigers van Skeba het daarop gereken. +Hulle het beskaamd gestaan in hul vertroue; hulle het daarby gekom en was teleurgesteld. +So het hulle dan vir my niks geword nie: julle sien verskrikking, en julle het gevrees. +Het ek dan gesê: Gee my iets? Of: Bring vir my ʼn omkoopgeskenk uit julle vermoë? +Of: Red my uit die hand van die teestander? Of: Velos my uit die hand van tiranne? +Onderrig my, en ék sal swyg; en maak my duidelik waarin ek misgaan het. +Hoe kragtig is opregte woorde, maar wat rig ʼn bestraffing uit, van julle afkomstig? +Dink julle om woorde te bestraf? Maar die woorde van ʼn wanhopige is vir die wind! +Ja, julle sou ʼn wees uitloot en julle vriend verhandel. +Maar nou, kyk my asseblief aan: ek sal julle waarlik nie in jul gesig belieg nie. +Keer tog terug - laat daar geen onreg wees nie! Ja keer terug - nόg is my geregtigheid daar. +Is daar onreg op my tong? Of kan my verhemelte nie die onheile onderskei nie?