Voeg by Genesis 15
This commit is contained in:
parent
62789c578a
commit
9a4fccf3ca
21
1/15
Normal file
21
1/15
Normal file
@ -0,0 +1,21 @@
|
|||||||
|
Ná hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom in 'n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou 'n skild en jou loon is baie groot.
|
||||||
|
Toe vra Abram: Here HERE, wat sal U my gee aangesien ek sonder kinders heengaan, en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is?
|
||||||
|
Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende an my huis my erfgenaam wees.
|
||||||
|
Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.
|
||||||
|
Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees.
|
||||||
|
En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.
|
||||||
|
Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die HERE wat jou uitgelei het uit Ur van die Galdeërs om jou hierdie land in besit te gee.
|
||||||
|
En hy sê: Here HERE , waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem?
|
||||||
|
En Hy antwoord hom: Neem vir My 'n driejaaroud-vers en 'n driejaaroud-bokooi en 'n tortelduif en 'n jong duif.
|
||||||
|
En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie.
|
||||||
|
Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag.
|
||||||
|
En toe die son wou ondergaan, val daar 'n diepe slaap op Abram; en skrik en groot duisternis het hom oorval.
|
||||||
|
Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in 'n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vier honderd jaar lank.
|
||||||
|
Maar Ek sal ook oordeel die nasie aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed.
|
||||||
|
Maar jý sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word.
|
||||||
|
En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie.
|
||||||
|
En ná son-onder, toe dit heeltemaal donker was, gaan daar 'n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis duer.
|
||||||
|
Op dié dag het die HERE met Abram 'n verbond gemaak en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:
|
||||||
|
die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete
|
||||||
|
en Hetiete en Feresiete en Refaїete
|
||||||
|
en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete.
|
Loading…
Reference in New Issue
Block a user