diff --git a/19/37 b/19/37 new file mode 100644 index 0000000..dd5c135 --- /dev/null +++ b/19/37 @@ -0,0 +1,20 @@ +ʼn Psalm van Dawid. Alef. Wees nie toornig op kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie; +want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog. +Bet. Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aardeen beoefen getrouheid, +en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. +Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer; +en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag. +Dalet. Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig is in sy weg, op die man wat listige planne uitvoer nie. +He. Laat staan die toorn en verlaat die grimmiheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te doen. +Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat die HERE verwag, hulle sal die aarde besit. +Wau. En nog ʼn klein rukkie en die goddlose sal daar nie wees nie; ja jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie. +Die sagmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede. +Sajin. Die goddelose bedink listige planne teen die regverdige en kners met sy tande teen hom. +Die Here lag vir hom, want Hy sien dat sy dag kom. +Get. Die goddlose het die swaard getrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftige te laat val, om dié te salg wat opreg is van weg. +Hulle swaard sal in hul hart gaan, en hulle boë sal verbreek word. +Tet. ʼn Klein bietjie is vir die regverdige is beter as die rykdom van baie goddelose; +want die arms van die goddelose sal verbreek word, maar die HERE ondersteun die regverdiges. +Jod. Die HERE ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly. +Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in dae van hongersnood sal hulle versadig word. +Kaf. Maar die goddelose sal omkom en die vyhande van die HERE soos die prag van die weivelde; hulle sal verdwyn, soos rook sal hulle verdwyn.