Voeg by Job 33:14-33

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2021-11-05 14:28:41 +02:00 committed by Gitea
parent a6fb5b966a
commit a482949af7

20
18/33
View File

@ -11,3 +11,23 @@ Kyk, Hy soek aanleidinge vir vyhandskap teen my; Hy hou vir my 'n vyhand van Hom
Hy sit my voete in die blok; Hy bewaak al my paaie. -
Kyk, daarin het u nie reg nie (antwoord ek u), want groter is God as 'n mens.
Waarom het u teen Hom getwis, dat Hy op al die woorde van 'n mens nie antwoord nie?
Want God spreek op een, ja op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie.
In die droom, in 'n naggesig, as diepe slaap op 'n mense val, tydens sluimeringe op die bed;
dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle;
om die men terug te hou van die onderneming en trotsheid vir die man te verberg;
sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie.
Ook word hy getugtig met smart op sy bed en aanhoudende stryd in sy gebeente;
sodat sy lewe hom laat walg van brood en sy siel van lieflingspyse.
Sy vlees verdwyn, weg uit die gesig; en sy gebeente, wat onsigbaar was, steek uit.
Ja, sy siel kom nader by die kuil en sy lewe by die doodsengele.
Is daar dan vir hom 'n gesant, 'n tolk, een uit duisend, om die mens sy plig te kenne te gee;
en is Hy hom genadig en sê: Verlos hom, dat hy in die kuil nie afdaal nie: Ek het 'n losprys gevind -
dan word sy vlees fris van jeugdige krag, hy keer terug na die dae van sy jonkheid.
Hy bid tot God, en Dié het 'n welbehae in hom, sodat hy sy aangesig sien met gejuig: so vergeld hy dan aan die mens sy geregtigheid.
Hy sing voor die mense en sê: Ek het gesondig en verdraai wat reg is, maar dit is my nie na verdienste vergeld nie.
Hy het my siel verlos, dat dit nie in die kuil ingegaan het nie, en my lewe mag hom verlustig in die lig.
Kyk, dit alles doen God, twee keer, ja drie keer met 'n mens
om sy siel terug te bring van die kuil, sodat hy bestraal word met die lig van die lewe.
Let op, o Job! Luister na my; swyg, en ék sal spreek.
As u woorde het, antwoord my; spreek, want ek wil u graag gelyk gee.
So nie, luister ú dan na my; swyg, en ek sal u wysheid leer.