diff --git a/19/24 b/19/24 new file mode 100644 index 0000000..7d758b8 --- /dev/null +++ b/19/24 @@ -0,0 +1,10 @@ +ʼn Psalm van Dawid. Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon; +want Hý het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome. +Wie sal klim op die berg van die HERE? En wie sal staan in sy heilige plek? +Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie. +Hy sal seën wegdra van die HERE en geregtigheid van die God van sy heil. +Dit is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat u aangesig soek - dit is Jakob. Sela. +Hef op julle hoofde, o poorte, ja verhef julle, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan! +Wie is dan die Erekoning? Die HERE, sterk en geweldig, die HERE geweldig in die stryd. +Hef op julle hoofde, o poorte, ja hef op, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan! +Wie is dan tog die Erekoning? Die HERE van die leërskare - Hy is die Erekoning! Sela.