From a7d43fa033d3904de5854f977d0165696caafe67 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Jana Date: Thu, 11 May 2023 18:46:46 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Johannes 1:1-52 --- 43/1 | 52 ++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++ 1 file changed, 52 insertions(+) create mode 100644 43/1 diff --git a/43/1 b/43/1 new file mode 100644 index 0000000..871c126 --- /dev/null +++ b/43/1 @@ -0,0 +1,52 @@ +In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. +Hy was in die begin by God. +Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding onstaan wat onstaan het nie. +In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. +En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie. +Daar was 'n man van God gestuur, wie se naam Johannes was. +Hy het tott 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom kon glo. +Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. +Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld. +Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom onstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie. +Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie, +Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; +wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is. +En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon - en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom - vol van genade en waarheid. +Johannes getuig van Hom en roep en sê: Dit was Hy van wie ek gesê het; Hy wat ná my kom, is my voor, want Hy was eerder as ek. +En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja genade op genade. +Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. +Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, Diè het Hom verklaar. +En dit is die getuienis van Johannes toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u? +En hy het erken en nie ontken nie, maar het erken: Ek is nie die Christus nie. +Toe vra hulle hom: Wat dan? Is u Elía? En hy sê: Ek is nie. Is u die profeet? En hy antwoord: Nee. +Toe sê hulle vir hom: Wie is u? - dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat sê u van uself? +Hy sê: Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! soos Jesaja, die profeet gesê het. +En die wat gestuur was, was uit die Fariseërs. +En hulle vra hom en sê vir hom: Waarom doop u dan as u nie die Christus of Elía of die profeet is nie? +Johannes antwoord hulle en sê: Ek doop met water, maar onder julle staan Hy vir wie julle nie ken nie - +dit is Hy wat ná my kom, wat my voor is, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie. +Dit het gebeur in Betábara, oorkant die Jordaan, waar Johannes besig was om te doop. +Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! +Dit is Hy van wie ek gesê het: Ná my kom 'n man wat my voor is, omdat Hy eerder was as ek. +En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en met water gedoop. +En Johannes het getuig en gesê: Ek het die Gees sien neerdaal soos 'n duif uit die hemel, en Hy het op Hom gebly. +En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het vir my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy water doop met die Heilige Gees. +En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van God is. +Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan en twee van sy dissipels; +en toe hy Jesus aankyk terwyl Hy daar loop, sê hy: Dáár is die Lam van God! +En twee van sy dissipels het hom dit hoor sê en Jesus gevolg. +En toe Jesus Hom omdraai en hulle sien volg, sê Hy vir hulle: +Wat soek julle? En hulle antwoord Hom: Rabbi - dit wil sê, as dit vertaal word, Meester - waar is U tuis! +Hy sê vir hulle: Kom kyk. Hulle het gekom en gesien waar Hy tuis was en dié dag by Hom gebly. En dit was omtrent vieruur, +Andréas. die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit van Johannes gehoor en Hom gevolg het. +Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die Messias gevind - dit is, as dit vertaal word, die Chritstus. +En hy het hom na Jesus gelei. Toe kyk Jesus hom aan en sê: Jy is Simon, die seun van Jona; jy sal genoem word Sefas, wat vertaal word Petrus. +Die volgende dag wou Jesus na Galiléa vertrek; en Hy het na Filippus gekyk en vir hom gesê: Volg My. +En Filippus was van Betsáida, uit die stad van Andréas en Petrus. +Filippus het Natánael gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind van wie Moses in die wetzz geskrywe het: Jesus, die seun van Josef van Násaret. +En Natánael sê: Kan daar uit Násaret itets goeds wees? Filippus antwoord hom: Kom kyk. +Daarop sien Jesus Natánael na toe kom en sê van hom: Hier is waarlik 'n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie. +Natánael antwoord en sê vir Hom: Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en sê vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien. +Nátanael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel! +Jesus antwoord en sê vir hom: Glo jy, omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit. +En Hy sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens.