diff --git a/19/36 b/19/36 new file mode 100644 index 0000000..a16de29 --- /dev/null +++ b/19/36 @@ -0,0 +1,13 @@ +Vir die musiekleier. ʼn Psalm van David, die kneg van die Here. +In die binneste van my hart sê die oortreding aangaande die goddelose: Daar is geen vrees van God voor sy oë nie. +Want dit vlei hom in sy oë dat hy sy haatlike, sondige doel wel sal bereik. +Die woorde van sy mond is onreg en bedrog; hy laat ná om verstandig te wees, om goed te doen. +Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op ʼn weg wat nie goed is nie; wat sleg is, verfoei hy nie. +o HERE, u goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot in die wolke. +U geregtigheid is soos die berge van God; u oordele is ʼn groot watervloed. HERE, u behou mense en diere! +Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God! Daarom skuil die mensekinders onder die skaduwees van u vleuels. +Hulle verkwik hul aan die vettigheid van u huis, en U laat hulle drink uit die stroom van u genietinge. +Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig. +Laat u goedertierenheid voortduur vir die wat U ken en u geregtigheid vir die opregtes van hart. +Laat die voet van die trotsaard nie oor my kom nie, en laat die hand van die goddelose mense my nie verdryf nie. +Daar het die werkers van die ongeregtigheid geval; hulle is neergestoot en kan nie weer opstaan nie.