Voeg by Genesis 38:24-30

This commit is contained in:
Hannah van der Merwe 2022-10-06 22:29:22 +02:00 committed by Gitea
parent 6cf97fd232
commit af29df2823
1 changed files with 7 additions and 0 deletions

7
1/38
View File

@ -21,3 +21,10 @@ En Juda het die boklam gestuur deur middel van sy vriend, die Adullamiet, om die
Daarop gaan hy na die mense van haar woonplek: Waar is die hoer wat in Enaim by die pad was? En hulle antwoord: Hier was geen hoer nie.
Daarop gaan hy na Juda terug met die berig: Ek het haar nie gekry nie. En die mense van die plek het ook gesê: Hier is geen hoer nie.
Toe antwoord Juda: Laat sy dit hou, dat ons nie ʼn bespotting word nie. Kyk, ek het hierdie boklam gestuur, maar jy het haar nie gekry nie.
Ná omtrent drie maande het hulle Juda laat weet en gesê: Tamar, jou skoondogter, het gehoereer, en sy is ook swanger van hoerery! En Juda sê: Bring haar uit, dat sy kan verbrand word.
Terwyl sy uitgebring word, laat sy skoonvader dít weet: By die man aan wie hierdie dinge behoort, is ek swanger. En sy het gesê: Kyk tog mooi, aan wie hierdie seëlring en bandjies en staf behoort.
En Juda het dit herken en gesê: Sy het reg teenoor my, want ek het haar nie aan my seun Sela gegee nie. En hy het haar verder nie meer beken nie.
En toe sy sou baar, was daar ʼn tweeling in haar skoot.
En terwyl sy baar, het een die hand uitgesteek; en die vroedvrou het dit gegryp en ʼn rooi draad om sy hand gebind en gesê: Hierdie een is eerste gebore.
Maar toe hy sy hand teruggetrek het, word sy broer gebore! En sy sê: Hoe kragtig het jy duergebreek! En hulle het hom Peres genoem.
En daarna is sy broer gebore aan wie se hand die rooi draad was. En hulle het hom Serag genoem.