From af37653f54d1be732299f56685566150d3dbdc35 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Wed, 8 Mar 2023 17:11:14 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Psalms 38:1-23 --- 19/38 | 23 +++++++++++++++++++++++ 1 file changed, 23 insertions(+) create mode 100644 19/38 diff --git a/19/38 b/19/38 new file mode 100644 index 0000000..d623f69 --- /dev/null +++ b/19/38 @@ -0,0 +1,23 @@ +ʼn Psalm van David, by die gedenkoffer. +o HERE, straf my nie in u toorn nie en kasty my nie in u grimmigheid nie. +Want u pyle het in my ingedring, en u hand het op my neergedaal. +Daar is geen heel plek in my vlees vanweë u grimmigheid nie; daar is niks gesond in my gebeente vanweë my sonde nie. +Want my ongeregtighede gaan oor my hoof; soos ʼn swaar pak het hulle vir my te swaar geword. +My wonde stink, hulle dra vanweë my dwaasheid. +Ek is krom, heeltemal gebuig; die hele dag gaan ek in die rou; +want my lende is vol ontsteking, en daar is geen heel plek in my vlees nie. +Ek is kragteloos en heeltemal verbrysel; ek brul van die gesteun van my hart. +Here, voor U is al my begeertes, en my gesug is vir U nie verborge nie. +My hart slaan vinnig, my krag het my verlaat; en die lig van my oë, ook dit is nie by my nie. +My liefhebbers en my vriende staan opsy vir my kwaal, en my nabestaandes het ver gaan staan; +en die wat my lewe soek, span strikke; en die wat my ongeluk soek, spreek van ondergang, en hulle bedink die hele dag bedrog. +Maar ek is soos ʼn dowe: ek hoor nie, en soos ʼn stomme wat sy mond nie oopmaak nie. +Ja, ek is soos ʼn man wat nie hoor nie en in wie se mond geen teëspraak is nie; +want op U, HERE wag ek ; Ú sal verhoor, Here my God! +Want ek het gesê: Laat hulle net nie bly wees oor my nie! Hulle wat by die wankeling van my voet hul groot maak teen my! +Want ek is klaar om te val, en my smart is altyddeur voor my. +Ja, my ongeregtigheid bely ek, ek is bekommerd oor my sonde. +Maar my vyhande is lewendig, hulle is magtig; en die wat haat sonder grond, is groot in aantal. +En die wat kwaad vir goed vergeld, behandel my vyhandig, omdat ek die goeie najaag. +Verlaat my nie, o HERE! My God, wees nie ver van my af nie! +Maak tog gou om my te help, Here my heil!