Voeg by Psalms 44:1-17

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2023-03-23 17:22:00 +02:00 committed by Gitea
parent 97644a9b39
commit b1567c77cb

17
19/44 Normal file
View File

@ -0,0 +1,17 @@
Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. ʼn Onderwysing.
O God, met ons ore het ons dit gehoor, ons vaders het dit ons vertel: ʼn werk het U gedoen in hulle dae, in die dae van die voortyd.
U self het met u hand nasies verdrywe, maar húlle geplant; U het volke kwaad aangedoen, hulle daarteen laat uitspruit.
Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie oorwinning gegee nie; maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U ʼn welbehae in hulle gehad het.
U self is my Koning, o God! Gebied die oorwinninge van Jakob.
Deur U sal ons ons teëstanders omstoot; in u Naam sal ons hulle vertrap wat teen ons opstaan.
Want ek vertrou nie op my boog nie, en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie.
maar U het ons verlos van ons teëstanders en ons haters beskaamd gemaak.
In God roem ons die hele dag, en u Naam sal ons loof tot in ewigheid. Sela.
En tog het ons verstoot en tot skande gemaak, en U trek nie saam met ons leërs uit nie.
U laat ons agteruitwyk vir die teëstander, en ons haters plunder na hartelus.
U gee ons oor soos slagvee, en U het ons onder die nasies verstrooi.
U verkoop u volk vir niks en het nie baie verdien deur hulle koopprys nie.
U maak ons ʼn smaad vir ons bure, ʼn spot en beskimping vir die wat rondom ons is.
U maak ons ʼn spreekwoord onder die nasies, ʼn hoofskudding onder die volke.
My skande is die hele dag voor my, en die skaamte van my aangesig oordek my;
weens die stem van die smader en lasteraar, weens die blik van die vyand en wraakgierige.