Voeg by Genesis 26:27-32

This commit is contained in:
Hannah van der Merwe 2022-03-01 20:06:33 +02:00 committed by Gitea
parent 0e43f5a232
commit b2e405b99d

10
1/26
View File

@ -19,3 +19,13 @@ En Isak het die putte weer oopgegrawe wat hulle in die dae van sy vader Abraham
En terwyl die dienaars van Isak in die dal grawe, kry hulle daar 'n put met lewendige water.
En die herders van Gerar het getwis met die herders van Isak en gesê: Dit is όns water. Daarom het hy die put Esek genoem, omdat hulle met hom onenigheid gehad het.
Daarop grawe hulle 'n ander put, en daaroor het hulle ook getwis. Daarom het hy dit Sitna genoem.
Toe het hy daarvandaan versit en 'n ander put gegrawe, en daaroor is nie getwis nie. Daarom het hy dit Rehoböt genoem en gesê: Ja, nou het die HERE vir ons ruimte gemaak en kan ons vrugbaar wees in die land.
Daarnaa het hy daarvandaan opgetrek na Berséba.
En die HERE het aan hom in dieselfde nag verskyn en gesê: Ek is die God van Abraham, jou vader. Moenie bang wees nie, want Ek is met jou; en Ek sal jou seën en jou nageslag vermeerder terwille van Abraham, my kneg.
Toe bou hy daar 'n altaar, en hy het die Naam van die HERE aangeroep en sy tent opgeslaan; en die dienaars van Isak het daar 'n put gegrawe.
Daarop kom Abiméleg na hom van Gerar af, saam met Ahussat, sy vriend, en Pigol, sy leërowerste.
En Isak sê vir hulle: Waarom het julle na my gekom terwyl julle my haat en my van julle weggestuur het?
Toe aantwoord hulle: Ons het duidelik gesien dat die HERE met jou is. Daarom het ons gedink: Laat daar tog 'n eed tussen ons wees, tussen ons en jou; en laat ons 'n verbond met jou maak:
Jy moet ons geen kwaad doen nie, net soos ons jou nie aangeraak en aan jou niks as goed gedoen het nie en jou in vrede weggestuur het. Jy is nou eenmaal die geseënde van die HERE.
Toe maak hy vir hulle 'n maaltyd klaar, en hulle het geëet en gedrink.
En hulle was die môre vroeg op en het vir mekaar gesweer. Daarop het Isak hulle laat gaan, en hulle het in vrede van hom af weggetrek.