Voeg by Genesis 24:24-45

This commit is contained in:
Hannah van der Merwe 2021-11-19 09:06:17 +02:00 committed by Gitea
parent b4cda97e1a
commit b36e340fab

22
1/24
View File

@ -21,3 +21,25 @@ Dadelik het sy haar kruik in die drinkbak leeggemaak en weer na die put geloop o
En die man het haar stilwyend betrag om te weet of die HERE sy weg voorspoedig gemaak het of nie.
En toe die kamele genoeg gedrink het, neem die man 'n goue neustring, 'n halwe sikkel in gewig, en twee armbande vir haar hande, tien sikkels goud in gewig.
En hy sê: Wie se dogter is jy? vertel my tog. Is daar plek in die huis van jou vader om te vernag?
Toe antwoord sy hom: Ek is die dogter van Bétuel , die seun van Milka wat sy vir Nahor gebaar het.
Verder sê sy vir hom: Daar is ook strooi en voer in oorvloed by ons, ook plek om te vernag.
Toe buig die man hom neer en aanbid die Here
met die woorde: Geloof sy die HERE, die God van Abraham, my heer, wat sy goedentierenheid en sy trou aan my heer nie onttrek het nie. Wat my aangaan, die HERE het my op die weg gelei na die huis van die broers van my heer.
Daarna het die dogter geloop en in die huis van haar moeder vertel wat daar gebuer het.
En Rebekka het 'n broer gehad met die naam van Laban, en Laban het uit geloop na die man buite by die fontein.
Want toe hy die neusring en die armbande aan die hand van sy suster sien en die woorde van sy suster Rebekka hoor, naamlik: So het die man met my gespreek - het hy na die man gegaan terwyl hy nog daar staan by die kamele by die fontein
en gesê: Kom in, geseënde van die HERE! Waarom staan jy buitekant terwyl ek die huis reggemaak het en ook plek vir die kamele?
En die man het in die huis ingekom - die kamele is afgesaal en vir die kamele is strooi en voor gegee, en water om sy voete te was en die voete van die manne wat by hom was.
Daarop het hulle ete voor hom neergesit; maar hy hat gesê: Ek sal nie eet voordat ek my saak voorgedra het nie. En hy antwoord: Spreek maar.
Toe sê hy: Ek is die dienaar van Abraham.
En die HERE het my heer baie geseën, sodat hy groot geword het, en vir hom kleinvee en beeste, silwer en goud, slawe en slavinne en kamele en esels gegee.
En Sara, die vrou van my heer, het vir my heer 'n seun gebaar nadat sy al oud was; en hy het aan hόm alles oorgegee wat hy besit.
En my heer het my laat sweer en gesê: Jy moet vir my seun gaan vrou neem vrou neem uit die dogters van die Kanaäniete in wie se land ek ek woon nie;
maar jy moet gaan na die huis van my vader en na my geslag en vir my seun 'n vrou gaan haal.
Toe het ek vir my heer gesê: Miskien sal die vrou my nie wil volg nie.
Maar hy het my geantwoord: Die HERE voor wie se aangesig ek gewandel het, sal sy Engel met jou saamstuur, en Hy sal jou weg voorspoedig maak, sodat jy vir my seun 'n vrou uit my geslag en uit die huis van my vader kan gaan haal.
Dan sal jy ontslae wees van die eed aan my: as jy by my geslag kom en hulle haar aan jou nie wil gee nie, dan is jy ontslae van die eed aan my.
Ek het toe vandag by die fontein gekom en gesê: HERE, God van Abraham, my heer, as U dan my weg waar op ek gaan, voorspoedig wil maak -
ek staan hier by die fontein - laat die nou tog gebeur: die jongmeisie wat uitkom om te skep en vir wie ek sal sê: Laat my tog 'n bietjie water uit jou kruik drink -
en wat my sal antwoord: Drink u self en ook vir u kamele sal ek skep - sý is die vrou wat die HERE vir die seun van my heer bestem het.
Ek het nog nie klaar in my hart gepreek nie of daar kom Rebekka uitgekom met haar kruik op die skouer en na die fontein afgedaal en geskep. Ek het toe vir haar gesê: Laat my tog drink!