diff --git a/19/43 b/19/43 new file mode 100644 index 0000000..29e5d9d --- /dev/null +++ b/19/43 @@ -0,0 +1,5 @@ +Doen aan my reg, o God, en verdedig my regsaak teen ʼn onbarmhartige volk; red my van die man van bedrog en onreg! +Want U is die God van my toevlug; waarom verstoot U my dan? Waarom moet ek rondgaan in rougewaad deur die vyhand se verdrukking? +Stuur u lig en u waarheid; laat dié my lei; laat dié my bring na u heilige berg en na u woninge, +dat ek kan ingaan na die altaar van God, na die God van my jubelende blydskap en U kan loof met die siter, o God, my God! +Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof - die verlossing van my aangesig en my God!